Warm tamatieslaai

0
44
tamatie_slaai.jpg

Somer is braaityd in Suid-Afrika, en alhoewel ons weet braaibroodjies is altyd ’n wenner, is hierdie Warm tamatieslaai ’n smullekker verandering van jou gemaksone.

Genoeg vir 4-6
Tyd: 10 minute (voorbereiding), 6 minute (kooktyd)

BESTANDDELE
40 ml olyfolie
250 g kersietamaties, gewas en gehalveer
2 knoffelhuisies, geskil, gekneus en fyngekap
2 sirkels fetakaas, in 2 cm-blokkies gesny
sout en swartpeper na smaak
skeut balsemasyn (opsioneel)
vars basilieblare vir opdiening

METODE
1 Verhit die olyfolie in ’n braaipan. Voeg die tamaties en knoffel by en soteer tot die tamaties begin oopbars.
2 Voeg die fetakaas by en geur met sout en swartpeper.
3 Meng goed en voeg ’n skeut balsemasyn by. Gooi in ’n opdienbak en garneer met vars basilieblare. Sit voor.

Resep & Stilering: Vicky de Beer & Leila Saffarian, bygestaan deur Jana van Sittert.
Fotograaf: Lee Malan & Roelene Prinsloo.
Met komplimente van Your Family.