wat het jy by jou ouers geleer?

0
6
kinders.jpg

Kinders leer meer as net goeie maniere by hul ouers. In jou ouerhuis word jou eetpatrone en verstaan van kos geslyp. Hoe is joune beïnvloed?

Die dinge wat jy geleer het as kind sal ’n baie groot en selfs bepalende rol speel in hoe jy vandag oor kos en gewig dink en voel. Dit sal baie help as jy neerskryf hoe jou ouers oor kos en gewig gedink het, en wat die boodskappe was wat hulle vir jou gegee het. Dalk het hulle jou geleer dat jy nie met kos mag mors nie.

Hulle het vir jou dan groot borde kos ingeskep en jou gedwing om alles op te eet. Vandag sal jy dit tien teen een nog steeds van jouself verwag. Jy sal dus eet al is jy nie lus of selfs honger nie. Probeer om te identifiseer watter patrone jy vandag nog volg wat uit jou kinderjare kom.