Wat is in jou hand

Daar is altyd daardie een podcast wat jou bybly, daardie een hoofstuk van ’n boek, daardie een geselsie wat jou hart so aanraak, dat jy net die daarvan kan vergeet nie…

So luister ek ongeveer ’n jaar gelede na ’n podcast wat handel oor ’n sigiater in Afrika wat ’n brief ontvang het uit ’n naburige dorp met die nuus dat een van sy pasiënte prober selfmoord pleeg het. Sy was opgeneem in ’n hospitaal met karige geriewe vir haar siekte en toestand. Die sigiater het aan haar familie terug geskryf, ’n boodskap dat sy na haar hospitaal besoek hom moes kom sien en hy het belowe om sy uiterste bes te doen om haar te behandel en te ondersteun.

Toe hy na drie weke nog geen tyding of besoek van haar gekry het nie, het hy weer met haar familie in verbinding getreë om te hoor hoe dit met haar gaan. “Sy het haar eie lewe geneem” was die skokkende nuus wat hy ontvang het. “Maar hoekom het julle haar nie na my toe gebring nie” het die dokter gevra. “Ons (en Sy) kon nie die $20 busgeld bekostig nie…”

Die gebeurtenis het die dokter so ontstel dat hy vir tydperk opgehou praktiseer het en net wou fokus op ’n antwoord vir Depressie onder minderbevoorregtes in Afrika. ’n Baie lang storie later… Die dokter het Oumas begin oplei in basiese berading vir depressielyers. Oumas met hulle breë skouers en groot harte. Oumas met hulle jare lange lewenservaring. Na ’n mediese studie gedoen is, het die wêreld verstom gestaan oor die afname in selfmoord onder die jeug in Afrika.

Liefde, geduld, lewenservaring en breë skouers het gelei tot een van die mees suksesvolle mediese studies in Afrika. Wat het jy vandag in jou hand om ’n verkil te maak? Jy staan miskien nie in ’n profesionele beroep nie, jy kan nie medisyne voorskryf nie en voel dalk nie bekwaam genoeg om jou drome te volg nie.

Vyf brode en twee vissies het ’n skare gevoed. Liefde het aan die Kruis vir die wêreld ewige lewe, vrede, voorspoed en gesondheid gebring. Oumas se liefde het gebroke harte geheel.

Wat is in jou hand? Jy is genoeg, het genoeg…

Sy genade is vir jou genoeg…

Met Liefde

Desiree