Wat is ’n gebalanseerde oefenprogram?

0
8
oefening.png

Baie mense is nie seker hoe ’n gebalanseerde oefenprogram lyk nie of weet nie of hulle elke dag al hulle spiere moet oefen nie. Hier is ’n voorbeeld van hoe so ’n oefenprogram kan lyk.

’n Gebalanseerde oefenprogram

  • Opwarming – 5 minute

Opwarming moet ritmiese bewegings insluit, soos om op die plek te stap, die arms te swaai en die bene om die beurt te buig en reguit te maak, asook ’n paar ligte strekoefeninge.

  • Kardiovaskulêre / aërobiese oefening – 30 minute of langer (afhangend van jou fiksheid vlak)

Oefeninge soos stap, draf, swem, aërobiese danse en fietsry is ideaal.

  • Spieropknapping – 15 minute

Konsentreer op bepaalde oefeninge vir probleemareas. Jy kan die oefeninge vir verskillende liggaamsdele soos volg verdeel:

Maandag, Woensdag, Vrydag
maag
skouers
boarms (biseps en triseps)
boude

Dinsdag, Donderdag, Saterdag
rug
bors
bobene
heupe/buitebene

  • Strek – 5 tot 10 minute


Geskryf deur Linda Kiel