Wat jy nie van Manie Jackson weet nie

0
169
manie_jackson_2.jpg

Leer vir Manie Jackson beter ken. Hier is tien dinge wat jy nie van hom geweet het nie.

1. WAT IS JOU GUNSTELING FLIEK? What women want, met Mel Gibson

2. WIE WAS JOU EERSTE SOEN? Salome Bekker, sy was in Graad een, ek was in Graad twee.

3. WANNEER IS JY OP JOU GELUKKIGSTE? Op ʼn verhoog, met ʼn saal vol mense wat die vertoning geniet.

4. WAT EET JY GLAD NIE? Ek eet alles, maar is nie baie lief vir pap en ertjies nie.

5. DIE BESTE PLEK VIR VAKANSIE HOU? Kruger wildtuin

6. WAT IS OP DIE OOMBLIK IN JOU CD-SPELER? Dolly Parton

7. WAT IS JOU DROOM KAR? Enige outydse kar

8. IETS WAT NIEMAND VAN JOU WEET NIE? Ek is baie ongeduldig.

9. WATTER DIER SOU JY WOU WEES? Luiperd. Een van die mooiste diere, en baie misterieus.

10. BESKRYF JOUSELF IN 3 WOORDE: Stil, skaam, teruggetrokke