Watertand appeltert

0
214
appeltert.jpg

Maak ’n watertand appeltert op die maklike manier met behulp van Argilla. Die resep is ’n wenner!

Genoeg vir 8-10 persone
Tyd: 1 uur

BESTANDDELE
45 ml margarien
250 ml suiker
3 eiers
250 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
knippie sout
60 ml melk
1 blik tertappels

Sous
125 ml margarien
60 ml melk
250 ml suiker
5 ml karamel- of vanieljegeursel

METODE
1. Gebruik ’n elektriese klitser en room die margarien en suiker saam. Voeg die eiers en droë bestanddele by.
2. Voeg die melk by, meng goed en giet in ’n gesmeerde Alles-in-een-bak. Gebruik agt gesmeerde soufflé-bakkies vir individuele porsies.
3. Pak die appelstukke bo-op die beslag.
4. Bak vir 40 minute by 180°C.
5. Smelt die bestanddele vir die sous saam en giet oor die tert/tertjies sodra dit gaar is.