watter vrees keer jou sukses?

0
19
behaal_sukses.jpg

Dis nie altyd net vrees vir mislukking wat jou keer nie, maar ook vrees vir sukses. Wat keer jou?

Om op te staan en te doen is baie keer die moeilikste ding wat daar is. Dan glo ons ook nog dat dit ’n tekort aan selfdissipline is as ons dit nie regkry nie. As ons nie opstaan nie word dit ’n “bewys” dat ons sleg is en dit nooit sal regkry nie.

Wat ek egter geleer het is dat baie mense gevange gehou word deur hulle vrees vir sukses of hulle vrees vir mislukking. Vrees vir sukses is al die dinge wat jy baie graag wil hê maar vir een of ander rede ook vrees. Jou vrees vir mislukking is die vrees en geloof dat jy dit in elk geval nie gaan regkry nie. Daarom gee jy maar by voorbaat op. Watter een meng in met jou opstaan en doen?