Gratis webinaar!

Hoe om ma-wees se grootste uitdagings te trotseer

Partykeer het ma’s vriendinne nodig, partykeer het ons feite nodig. Soms het ons hulp nodig, of ons is die hulpverlener. Wees ma saam met aktrise en motiveringspreker NADIA BEUKES en ander kenners, en leer om jou skuldgevoelens finaal agter te laat. 

Dae
Ure
Minute
Sekondes

GRATIS WEBINAAR!

Kyk aanlyn op jou selfoon, jou rekenaar of ander slimtoestel.

Woensdag 19 Julie

Kyk Nadia Beukes se GRATIS 30 minute-webinaar, Woensdag 19 Julie om 20:00.

MÉÉR OOR DIE WEBINAAR

Hoe om ma-wees se grootste uitdagings te trotseer

Ons sê dalk ons is bereid om vir ons kinders te sterf. Is ons bereid om vir hulle te leef? Om sonder minderwaardigheidsgevoelens elke dag aan te gryp, dankbaar te wees en die regte dinge beter te doen?  

Geloof hou jou ma-kroon mooi op jou kop

Die Here ontmoet jou waar jy is. Hy veroordeel nie dat jy geskei is nie. Hy kritiseer jou nie omdat jy dink jy’s nie ’n goeie ma nie.
Hy sê: “Ek het hierdie kinders vir jou gegee. Ek weet jy doen jou bes, maar jy moet ook trots wees op jouself!”
Daarom moet jy die meeste van jouself maak in die seisoen waarin jy jou bevind. Elke seisoen is anders en nodig – al hou jy dalk nie van joune nie, al voel dit soos winter.
Jy is nie in beheer nie. Daar is ’n groter plan. Dit is nie maklik nie, maar jy is toegerus met dít wat jy nodig het. En jy is nie alleen nie. Glo dit en vertrou daarop!
(Nadia Beukes)

Rus in die wete dat jy reeds die ma is wat jy moet wees

Jy is geskep met presies die perfekte ma-DNS vir jóú kind. Nee, jy gaan nie alles perfek doen nie. Maar alles wat in jou is, is wat nodig is vir die grootwordproses van en die plan vir die gesin wat jy gekry het.
Jy kan weet dat jy gekies is en dan kan jy ontspan. Jy hét die krag en kapasiteit, jy kan met selfvertroue sê: “I got this.” Onthou, jy sê dit vanuit die groter krag van God.
As jy dan foute maak, opstaan en weer probeer, leer julle almal van vergifnis en genade. Dis ’n kosbare lewensles.
Gun jouself die vryheid en vreugde van goed-genoeg-gemaak-voel in plaas van wêreldse vereistes en lysies wat jou onnodig afkraak.
(Suné-Charì Sutton, bedieningsleier by Doxa Deo)

Gesinne benodig ’n plan vir emosionele en geestelike welsyn

Dit is ’n groot verantwoordelikheid om kinders toe te rus vir moeilike tye. Familiewaardes soos dankbaarheid, vreugde en hulpvaardigheid wat deur almal nagestreef word, maak dit makliker.
Om saam te gesels oor julle gesin se waardes is ’n geleentheid om ’n meer hegte band te skep. Doen dit wanneer julle ontspanne is en betrek almal.
Kry idees en woorde op die internet. Definieer die woorde op julle eie manier sodat die betekenis vir elke lid sin maak.
Skryf julle waardes iewers waar almal dit kan sien. Herinner mekaar gereeld hieraan en leef dit uit. Maak saam planne en doen saam spesifieke dinge. Só het julle ’n veilige ruimte om in te leef en lief te hê.
(Sonika Kruger, geestelike afrigter en juffrou)

Die drie belangrikste towerwoorde is “Ek is jammer”

Kinders wat weet hoe om opreg om verskoning te vra, kan verhoudings beter navigeer en uitdagings met mense op die regte manier hanteer. Dit sal hulle in hulle volwasse lewe baie help.
Gebruik berou ná baklei as geleentheid om te gesels oor julle gevoelens. Sê byvoorbeeld: “Mamma het onnodig kwaai gepraat – ek is jammer. Waarom dink julle het ek dit gedoen?” Die antwoord is gewoonlik in die kol: “Want Mamma was haastig.”
Vra dan verder: “Het julle vandag ongeduldig gevoel?” of “Moes julle jammer sê oor iets?” Só leer hulle om emosies te herken, te reguleer en konflik op te los.
Om te sien hoe jou kinders empatie kan toon teenoor ander, en selfs teenoor jou, is so bemoedigend.
(Rhona Erasmus, sakevrou en beïnvloeder)

AANBIEDER

Nadia Beukes

Partykeer het ma’s vriendinne nodig, partykeer het ons feite nodig. Soms het ons hulp nodig, of ons is die hulpverlener. Wees ma saam met aktrise en motiveringspreker NADIA BEUKES en ander kenners, en leer om jou skuldgevoelens finaal agter te laat. 

GRATIS!

REGISTREER VIR WEBINAAR

Woensdag 19 Julie

Gratis
  • Kyk Nadia Beukes se GRATIS 30 minute-webinaar

VIDEO-KURSUS

R 109 R149
  • 2 uur | 4 sessies (van 30 minute elk)

OUDIO-KURSUS

R 74 R99
  • 2 uur | 4 sessies (van 30 minute elk)
Scroll to Top