V&A

Jy kan jou kaartjie kry by Webinare: https://voelgoed.co.za/webinare/

Wanneer jy ’n kaartjie koop op https://voelgoed.co.za sal jy ’n skakel per epos ontvang. Kyk ook in jou gemorspos (spam).

Die skakel word gestuur na die eposadres wat jy gebruik het toe jy jou kaartjie gekoop het.

Klik bloot op die skakel om aanlyn in die gemak van jou eie huis te kyk. Dit gee mense wêreldwyd die geleentheid om saam te kyk.

Nee, elke persoon kry ’n unieke skakel. Dit beteken dat net een toestel daardie skakel kan gebruik. Dit is ook oneties om die skakel aan te stuur, aangesien daardie persoon nie betaal het nie.

Elke eenuur-video wat aanlyn gekyk word, sal om en by 2GB data gebruik. Daar is wel baie aspekte soos ontvangs en jou verbinding, wat ’n rol speel.

Indien jy bekommerd is dat jy te min data gaan hê om die Webinaar te kyk, sal ons voorstel dat jy ’n daily data bundle by jou internetverskaffer koop. Dit is geldig vir 24 uur en is die beste waarde vir geld vir wanneer jy meer data nodig het om byvoorbeeld ’n webinaar te kyk.

Nadat die Webinaar-uitsending plaasgevind het, sal jy ’n epos met ’n nuwe skakel (die replay-skakel) ontvang.

Daardie skakel kan vir 72 uur nog gebruik word.

Jy ontvang die skakel per epos, so jy kan die skakel dan oopmaak op jou selfoon of rekenaar. Dit hang af op watter toestel jy wel eposse kan oopmaak en op watter toestel jy internettoegang het.

Jy kan jou skootrekenaar met jou televisie koppel deur ʼn HDMI kabel te gebruik.

Die program/sagteware wat ons gebruik, het sy eie platform waarop die Webinaar aanlyn plaasvind. Jy klik net op jou unieke skakel wat jy per epos ontvang en kyk dan op WebinarJam aanlyn.

Stuur bloot ’n epos na melissa@voelgoedwinkel.co.za met jou bestelnommer en ons sal uitvind wat die probleem is.

Terwyl die Webinaar aan die gang is, kan jy aan die regterkant van die skerm vrae vra of boodskappe vir die aanbieder of ander kykers stuur. Jy kan kies tussen ’n publieke boodskap (wat alle kykers kan sien) of ’n private boodskap (wat net die aanbieder en moderators kan sien).

Daar sal ook na die tyd ’n geleentheid wees vir vrae.

Daar sal ’n opsie in die Webinaar-kamer wees om die verbinding te verfris. Klik op hierdie skakel. Jy kan die bladsy in jou internetblaaier (browser) ook verfris. Internetspoed en -verbinding speel ‘n groot rol (spoed verskil, en dit is moontlik dat daar onderbrekings aan jou kant kan wees). As daar ’n verbindingsprobleem aan ons kant is, sal ons die kykers in kennis stel.

Jy kan die replay kyk sodra jy die replay-skakel per epos ontvang. Die skakel sal vir 72 uur beskikbaar wees.

Na Webinaar sal ons ’n terugvoerskakel uitstuur. Gee gerus jou terugvoer – ons sal graag verbeter!