GRATIS WEBINAAR!

Verstaan die mense saam met wie jy werk

Om die verskille tussen die mense saam met wie jy werk te ken en te aanvaar, en om hierdie verskille tot jou voordeel te gebruik, is nie net goed vir die individu nie, maar ook goed vir besigheid!

GRATIS WEBINAAR!

Kyk aanlyn op jou selfoon, jou rekenaar of ander slimtoestel.

GRATIS!

KYK DIE WEBINAAR

óf DOEN DIE VIDEO-OPLEIDINGSKURSUS

VIDEO-OPLEIDINGSKURSUS

R 109 R149
  • 5 ure | 6 sessies

AANBIEDER

Lynette BEER

Lynette Beer is een van Suid-Afrika se top verhoudingskenners, met ‘n korporatiewe, teologie en sielkunde agtergrond.
Sy het al klomp top verkoper boeke geskryf en het internasionaal as spreker opgetree.

Lynette Beer weet wat dit vat om ‘n besigheid 180 grade om te draai en produktiwiteit te verhoog deur te help dat werknemers mekaar beter verstaan en effektief saam werk.

“Of jy ’n bestuurder, toesighouer, spanleier of medewerker is – om jou en jou kollegas se sterk- en swakpunte te ken en te verstaan, sal help om spanwerk te verbeter”, sê Lynette Beer, aanbieder van die VIDEO-OPLEIDINGSKURSUS Verstaan die mense saam met wie jy werk.

#SkoolVanDieLewe Lynette Beer

MÉÉR OOR DIE WEBINAAR

VERSTAAN DIE MENSE SAAM MET WIE JY WERK

“Of jy ’n bestuurder, toesighouer, spanleier of medewerker is – om jou en jou kollegas se sterk- en swakpunte te ken en te verstaan, sal help om spanwerk te verbeter”, sê Lynette Beer, aanbieder van die VIDEO-OPLEIDINGSKURSUS Verstaan die mense saam met wie jy werk.

Om die verskille tussen jou en jou kollegas te verstaan is goed vir besigheid!


Herken jy hierdie mense?

Die persoon wat altyd ’n opinie het? Die passiewe een wat nooit idees na die tafel toe bring nie? Die diktator wat almal wil oorheers? Die persoon wat altyd “nee” sê? Die een wat kla eerder as om oplossings te vind?

Hierdie is die mense saam met wie jy werk …

Wat Het Persoonlikheid Hiermee Te Doen? Alles!


“Persoonlikheid kan die sement wees wat die span bymekaarhou of die beitel wat dit opbreek. Lede van ’n span moet saam kan werk en mekaar kan betrek. Besighede en organisasies het die Rooi leiers, die energieke Geel, die vreedsame Groen en die Blou perfeksioniste nodig,” sê Lynette.

Kom leer hoe temperamente in die werkplek lyk en werk


Die Geel en Rooi temperamente is ekstroverte. Hulle is natuurlike leiers met baie energie.

Een van die grootste verskille tussen hierdie twee temperamente is dat die Energieke Geel mensgeoriënteerd is, terwyl die Rooi Leier definitief taakgeoriënteerd is.

Die Vreedsame Groen en die Blou Perfeksioniste is introverte, met die Blou Perfeksioniste wat die introverte van die introverte is. Hulle is op hulle gelukkigste wanneer hulle glád nié in kontak hoef te wees met enige mense buite hulle klein kring nie.

Die Vreedsame Groenes is ook introverte, maar hulle is meer mensgeoriënteerd en kan ander se hartseer baie persoonlik opneem. Groenes hou nie van konflik nie en hulle het konstante motivering nodig om enigiets te doen. Hulle blink uit in ontspanning!

Dit is belangrik om daarop te let dat almal ’n unieke mengsel van die vier temperamente is, met een kleur wat gewoonlik oorheersend is. Dit is jou primêre kleur. Jy kan ook ’n sekondêre kleur hê wat amper so dominant soos die eerste is.

Jy moet jou natuurlike eienskappe, asook die natuurlike eienskappe van jou kollegas, ken sodat jy hulle kan sien en hulle kan waardeer vir wie hulle is.

Scroll to Top