SKUD DIE WINTERVETJIES AF!
Dis tyd om jou somerlyf reg te kry met die 21-DAE EETPLAN VIR GEWIGSVERLIES – ontwikkel deur dieetkundige Liz-Mare Lusardi van My Diet Clinic, in samewerking met Voelgoed Media.
Nuwe datum – 1 tot 21 September
– – – – –
ONTMOET DIE DIEETKUNDIGE
Die eetplan is ontwikkel deur die spesialisdieetkundige Liz-Mare Lusardi van My Diet Clinic.
Liz-Mare beskik oor ’n Meestersgraad in Dieetkunde en het die 21-dae eetplan op grond van wetenskaplike navorsing ontwikkel – wat oor die afgelope 15 jaar met groot sukses in haar privaat praktyk toegepas is.

WAAROM DIE 21 DAE-EETPLAN WERK
Die 21-dae eetplan ondersteun betekenisvolle gewigsverlies, terwyl gesondheid die eerste prioriteit bly.
Die fokus is om liggaamsvet te verminder, spiermassa te behou en abdominale vet (maagvet) te teiken om metaboliese merkers soos insulienweerstandigheid te verbeter.
Danksy die hoër proteïen-inhoud word honger en cravings beter beheer, wat dit makliker maak om by die plan te hou.
EETPLAN MET EKSTRA’S + MOTIVERING, ENS
Die 21-DAE EETPLAN VIR GEWIGSVERLIES bestaan uit ’n moderne Mediterreense-styl spyskaart met drie heerlike maaltye en twee versnaperinge per dag, met voorafbeplande maaltye vir drie weke sodat jy nie oor elke koskeuse hoef te wonder nie.
BENEWENS DIE EETPLAN, ONTVANG JY OOK:
● Heerlike resepte
● ’n Lys van toegelate kosse, drinkgoed en geurmiddels soos kruie en speserye
● ’n Handige inkopielys
● Wenke vir voorafbeplanning en praktiese uitvoering
! ! ! PLUS ! ! !
Terwyl die 21-dae eetplan ’n haalbare gewigsverliesdoelwit bied, help die volgende jou om gefokus en verantwoordbaar te bly:
● Motivering – artikels en oudio’s
● Ondersteuning – geslote Facebook-groep
● Begeleiding – eksklusiewe Facebook LIVE-sessies
VRYWARING!
*Die 21-DAE EETPLAN VIR GEWIGSVERLIES waarborg nie enige spesifieke resultate nie.
Raadpleeg asseblief ’n gekwalifiseerde gesondheidspraktisyn voordat die program gevolg word.
Datum
1 tot 21 September
Tyd
Koste
Organiseerder
Telefoon (Navrae oor event)
E-pos (Navrae oor event)
SKRYF IN!
Op Maandag 24 Augustus ontvang jy ‘n NUUSBRIEF wat toegang gee tot die eetplan, resepte, inkopielys, artikels, oudio’s ensomeer; asook ‘n skakel om by die Facebook-groep aan te sluit.