GRETHA WIID–webinaar

Tema - Aanhou probeer of eerder gaan?

Elke huwelik sal hoogte- en laagtepunte hê, maar dit is belangrik om vas te stel wanneer dit tyd geword het om die hoofstuk van julle verhouding af te sluit, en of dit net rowwe vaarwater is wat julle moet trotseer.

Aangebied deur
Voelgoed en
GRETHA WIID

Wanneer frustrasie, woede, seer en ’n magdom ander negatiewe emosies vir ’n lang tyd deel van ’n verhouding is, is dit geen verrassing as die woord “skei” opduik nie.

Of jou huwelik verby is en of daar nog iets oor is om voor te baklei, is nie ’n maklike besluit nie – veral nie as jou verhouding liefdeloos voel nie.

“Die hartseer waarheid is dat my eie pad nie altyd die maklikste een was om te loop nie”, sê Gretha Wiid. “Met elke paartjie wat my pad kruis, besef ek dat heel gesinne van die begin af God se plan was. Dit maak die vuur in my wakker om vir elke huwelik te veg.”

Jy mag dalk voel daar is geen hoop vir jou huwelik nie en dat die seer te rou is. Die waarheid is, dit kan beter en sterker wees as ooit tevore!

Die AANHOU PROBEER OF EERDER GAAN?-WEBINAAR spreek temas aan soos gevaartekens, wat as jy klaar besluit het dis verby, gemengde gevoelens, jou maat se bereidwilligheid om te verander, magstryd, verraad, behoeftebevrediging en intimiteit.

WOENSDAG 23 JUNIE
19:00-21:00

REGISTREER!

Alhoewel dit ’n aanlyn werkswinkel is, is daar slegs beperkte plekke beskikbaar!
Indien jy nie op dié spesifieke tyd vir die webinaar kan inskakel nie, sal jy ’n REPLAY-skakel ontvang om die OPNAME binne ’n maand te kyk.

EARLY BIRD-
registrasie

R99

R149

EARLY BIRD-REGISTRASIE:
* Spaar 25%
* R99 per skerm
* Geldig tot Maandag 31 Mei om 12:00

ENKEL-
registrasie

R149

   

ENKEL-REGISTRASIE:
* R149 per skerm
* Geldig tot Dinsdag 22 Junie om 12:00

14 topklas sprekers

Program

Sessie 1, 09:00-12:00

Lynette Beer, verhoudingskenner Dit is amper onmoontlik om positiewe resultate te kry met negatiewe denke. Jy moet negatiewe gedagtes stop en met positiewes vervang.

Bill Price, lewensafrigter Maak ’n lys van jou sterkpunte en onthou dat jy tot baie in staat is. Baie mense kelder hulle eie vordering, omdat hulle bang is of nie in hulleself glo nie.

Liesel Krause-Wiid, predikant Dalk het jy al soveel teleurstellings gehad dat jy totaal hulpeloos voel. Net jý kan dit verander. Deur elke dag meer hoopvol te leef…

Karien Basson, skakelbestuurder Dit wat ons lees, waarna ons kyk en waarmee ons op sosiale media besig bly, het ’n invloed op ons welstand. Raak ontslae van die negatiewe dinge in jou lewe!

Jannie Putter, motiveringspreker Positiewe ouerskap is om eerder ’n langtermynverhouding te bou waaruit jy en jou kind kan baat, as om die regte reëls en strafmaatreëls in plek te sit.

Lizanne du Plessis, ouerskapkenner Leer jou kinders dat daar nie hoogtepunte is, sonder laagtepunte nie. Jy kan ook nie bekostig dat vrees jou verlam nie, jy moet die beste maak van verandering!

Rianette Leibowitz, kommunikasiekundige Die internet is goed vir huiswerk, aanlyninkopies en om in kontak te bly met vriende. Omdat ons in ‘n digitale era leef, is dit egter belangrik om aanlyn veilig te wees.

Sessie 2, 13:00-16:00

Susan Coetzer, motiveringspreker As jy wil vorentoe beweeg, moet jy jou lewe goed in oënskou neem. Jy moet tyd opsy sit om oor jou lewe na te dink (al moet jy dit inpas tussen jou ander prioriteite).

Rouchelle Liedemann, TV-aanbieder Wat sê jy vir jouself voordat jy ’n risiko neem of iets nuut aanpak? Wat keer jou om na die volgende vlak te beweeg? Maak só plek vir meer geluk, liefde en lig in jou lewe!

Gustav Gous, lewensafrigter Ons moet leer om aan te pas by nuwe omstandighede en aan te beweeg, om eienaarskap daarvan te vat en probleme te verwerk. Maar dit gebeur nie oornag nie. Dit vat tyd.

Catherine van Heerden, sielkundige Blywende persoonlike verandering gebeur nie oornag nie. ʼn Denkproses om jou uit jou groef te kry is noodsaaklik om vorentoe te beweeg en ʼn positiewe transformasie te ondergaan.

Wouter Snyman, sakeman Die wêreldwye ekonomiese krisis gaan nog vir baie jare huishoudings beïnvloed. Dit is belangrik om ’n plan te hê en om seker te maak dat jy jou geld op die regte dinge spandeer.

Carina Fourie, dieetkundige Dit is maklik om gewig op te tel as jy minder het om te doen of nie nodig het om in ’n spesifieke denim te pas nie. Vind uit waar jy moet begin om gewig te verloor…

Janine Truter, predikant Jou doel in die lewe het nie noodwendig te doen met jou werk of verantwoordelikhede nie. Dit is nodig om jou lewensdoel te verander as dit jou nie meer inspireer nie.

NAVRAE

Stuur ‘n epos na [email protected]
of bel 016 018 0243 (Kantoorure)
V&A