LYNETTE BEER–webinaar

Tema - Lewe in volkleur

Mense verskil. Elkeen dink anders, doen anders en het ’n ander siening van pret, stres, besluitneming of hoe om dinge gedoen te kry. Stel jou voor hoe suksesvoller en gelukkiger ons sal wees as ons die insig het om onsself en ander te verstaan!

Aangebied deur Finesse Voelgoed Tydskrif

Lynette Beer se WEBINAAR
Lewe in Volkleur
wys jou hoe om jou persoonlike en professionele drome te bewaarheid.
Die vier kleure en persoonlikheidstipes sal jou help om op alle gebiede van jou lewe uit te styg – van jou verhoudings tot jou loopbaan.
As jy die webinaar LEWE IN VOLKLEUR bygewoon het, sal jy kan sê jy kén jouself. Jy sal verstaan hoe jou temperament werk en hoe dié van ander mense by joune aanhaak … of daarmee bots.

Gratis temperamenttoets ingesluit!
Ingesluit is ’n 15-minuut-toets wat jou oë oopmaak vir die vier basiese temperamente en die een wat by jou oorheersend is. Dit sal jou ook inspireer om meer te maak van jou sterkpunte en minder vas te val in die swakkeres.

WOENSDAG 3 FEBRUARIE
19:00-21:00

REGISTREER!

Alhoewel dit ’n aanlyn werkswinkel is, is daar slegs beperkte plekke beskikbaar!
Indien jy nie op dié spesifieke tyd vir die webinaar kan inskakel nie, sal jy ’n REPLAY-skakel ontvang om die OPNAME binne ’n maand te kyk.

EARLY BIRD-
registrasie

R99

R149

EARLY BIRD-REGISTRASIE:
* Spaar 25%
* R99 per gesin
* Geldig tot Maandag 25 Januarie om 12:00

ENKEL-
registrasie

R149

   

ENKEL-REGISTRASIE:
* R149 per gesin
* Geldig tot Woensdag 2 Februarie om 12:00

14 topklas sprekers

Program

Sessie 1, 09:00-12:00

Lynette Beer, verhoudingskenner Dit is amper onmoontlik om positiewe resultate te kry met negatiewe denke. Jy moet negatiewe gedagtes stop en met positiewes vervang.

Bill Price, lewensafrigter Maak ’n lys van jou sterkpunte en onthou dat jy tot baie in staat is. Baie mense kelder hulle eie vordering, omdat hulle bang is of nie in hulleself glo nie.

Liesel Krause-Wiid, predikant Dalk het jy al soveel teleurstellings gehad dat jy totaal hulpeloos voel. Net jý kan dit verander. Deur elke dag meer hoopvol te leef…

Karien Basson, skakelbestuurder Dit wat ons lees, waarna ons kyk en waarmee ons op sosiale media besig bly, het ’n invloed op ons welstand. Raak ontslae van die negatiewe dinge in jou lewe!

Jannie Putter, motiveringspreker Positiewe ouerskap is om eerder ’n langtermynverhouding te bou waaruit jy en jou kind kan baat, as om die regte reëls en strafmaatreëls in plek te sit.

Lizanne du Plessis, ouerskapkenner Leer jou kinders dat daar nie hoogtepunte is, sonder laagtepunte nie. Jy kan ook nie bekostig dat vrees jou verlam nie, jy moet die beste maak van verandering!

Rianette Leibowitz, kommunikasiekundige Die internet is goed vir huiswerk, aanlyninkopies en om in kontak te bly met vriende. Omdat ons in ‘n digitale era leef, is dit egter belangrik om aanlyn veilig te wees.

Sessie 2, 13:00-16:00

Susan Coetzer, motiveringspreker As jy wil vorentoe beweeg, moet jy jou lewe goed in oënskou neem. Jy moet tyd opsy sit om oor jou lewe na te dink (al moet jy dit inpas tussen jou ander prioriteite).

Rouchelle Liedemann, TV-aanbieder Wat sê jy vir jouself voordat jy ’n risiko neem of iets nuut aanpak? Wat keer jou om na die volgende vlak te beweeg? Maak só plek vir meer geluk, liefde en lig in jou lewe!

Gustav Gous, lewensafrigter Ons moet leer om aan te pas by nuwe omstandighede en aan te beweeg, om eienaarskap daarvan te vat en probleme te verwerk. Maar dit gebeur nie oornag nie. Dit vat tyd.

Catherine van Heerden, sielkundige Blywende persoonlike verandering gebeur nie oornag nie. ʼn Denkproses om jou uit jou groef te kry is noodsaaklik om vorentoe te beweeg en ʼn positiewe transformasie te ondergaan.

Wouter Snyman, sakeman Die wêreldwye ekonomiese krisis gaan nog vir baie jare huishoudings beïnvloed. Dit is belangrik om ’n plan te hê en om seker te maak dat jy jou geld op die regte dinge spandeer.

Carina Fourie, dieetkundige Dit is maklik om gewig op te tel as jy minder het om te doen of nie nodig het om in ’n spesifieke denim te pas nie. Vind uit waar jy moet begin om gewig te verloor…

Janine Truter, predikant Jou doel in die lewe het nie noodwendig te doen met jou werk of verantwoordelikhede nie. Dit is nodig om jou lewensdoel te verander as dit jou nie meer inspireer nie.

NAVRAE

Stuur ‘n epos na [email protected]
of bel 016 018 0243 (Kantoorure)
V&A