SUNET VERMAAK–webinaar

Tema - Slim, stylvol en selfversekerd

Staan jy voor jou oorvol klerekas, maar kry niks om te dra nie? Moenie langer wag nie, skep die klerekas wat jou styl en sak pas. ’n Styl-oormaaksessie sal wie jý is na vore bring, en jou selfvertroue en unieke aantrekstyl beklemtoon.

Aangebied deur
Finesse Voelgoed Tydskrif
en SUNET VERMAAK

Moenie sleg voel as jy soos die meeste vroue nie ’n gebore stylkenner is nie. Die goeie nuus is dat jy wel kan leer om fantasties te lyk!

Sunet Vermaak is ’n voorkoms-konsultant en eienaar van haar eie besigheid, Style School of South Africa. Sunet het ook in 2013 op die stel van die bekende TV-program Glam Guru, ’n KykNETproduksie, beland – sy het reeds 200 vroue op 156 episodes in 12 seisoene gestileer.

“Ons is behep met ons heupe, pap arms, muffin tops en rokgrootte – en fokus meestal op die negatiewe aspekte. As jy maar geweet het dat deur slegs ’n uitrusting te dra wat by jou vel se gelaat, oë en hare pas, gaan jy al klaar beter voel en lyk.” sê Sunet.

Die Slim, stylvol en selfversekerd-webinaar sal jou help om jóú seisoenale kleurpallet te ontdek, jóú lyfvorm te verstaan, en jóú persoonlike styl na vore te bring.

WOENSDAG 28 APRIL
19:00-21:00

REGISTREER!

Alhoewel dit ’n aanlyn werkswinkel is, is daar slegs beperkte plekke beskikbaar!
Indien jy nie op dié spesifieke tyd vir die webinaar kan inskakel nie, sal jy ’n REPLAY-skakel ontvang om die OPNAME binne ’n maand te kyk.

EARLY BIRD-
registrasie

R99

R149

EARLY BIRD-REGISTRASIE:
* Spaar 25%
* R99 per gesin
* Geldig tot 27 April om 12:00

ENKEL-
registrasie

R149

   

ENKEL-REGISTRASIE:
* R149 per gesin
* Geldig tot Dinsdag 27 April om 12:00

14 topklas sprekers

Program

Sessie 1, 09:00-12:00

Lynette Beer, verhoudingskenner Dit is amper onmoontlik om positiewe resultate te kry met negatiewe denke. Jy moet negatiewe gedagtes stop en met positiewes vervang.

Bill Price, lewensafrigter Maak ’n lys van jou sterkpunte en onthou dat jy tot baie in staat is. Baie mense kelder hulle eie vordering, omdat hulle bang is of nie in hulleself glo nie.

Liesel Krause-Wiid, predikant Dalk het jy al soveel teleurstellings gehad dat jy totaal hulpeloos voel. Net jý kan dit verander. Deur elke dag meer hoopvol te leef…

Karien Basson, skakelbestuurder Dit wat ons lees, waarna ons kyk en waarmee ons op sosiale media besig bly, het ’n invloed op ons welstand. Raak ontslae van die negatiewe dinge in jou lewe!

Jannie Putter, motiveringspreker Positiewe ouerskap is om eerder ’n langtermynverhouding te bou waaruit jy en jou kind kan baat, as om die regte reëls en strafmaatreëls in plek te sit.

Lizanne du Plessis, ouerskapkenner Leer jou kinders dat daar nie hoogtepunte is, sonder laagtepunte nie. Jy kan ook nie bekostig dat vrees jou verlam nie, jy moet die beste maak van verandering!

Rianette Leibowitz, kommunikasiekundige Die internet is goed vir huiswerk, aanlyninkopies en om in kontak te bly met vriende. Omdat ons in ‘n digitale era leef, is dit egter belangrik om aanlyn veilig te wees.

Sessie 2, 13:00-16:00

Susan Coetzer, motiveringspreker As jy wil vorentoe beweeg, moet jy jou lewe goed in oënskou neem. Jy moet tyd opsy sit om oor jou lewe na te dink (al moet jy dit inpas tussen jou ander prioriteite).

Rouchelle Liedemann, TV-aanbieder Wat sê jy vir jouself voordat jy ’n risiko neem of iets nuut aanpak? Wat keer jou om na die volgende vlak te beweeg? Maak só plek vir meer geluk, liefde en lig in jou lewe!

Gustav Gous, lewensafrigter Ons moet leer om aan te pas by nuwe omstandighede en aan te beweeg, om eienaarskap daarvan te vat en probleme te verwerk. Maar dit gebeur nie oornag nie. Dit vat tyd.

Catherine van Heerden, sielkundige Blywende persoonlike verandering gebeur nie oornag nie. ʼn Denkproses om jou uit jou groef te kry is noodsaaklik om vorentoe te beweeg en ʼn positiewe transformasie te ondergaan.

Wouter Snyman, sakeman Die wêreldwye ekonomiese krisis gaan nog vir baie jare huishoudings beïnvloed. Dit is belangrik om ’n plan te hê en om seker te maak dat jy jou geld op die regte dinge spandeer.

Carina Fourie, dieetkundige Dit is maklik om gewig op te tel as jy minder het om te doen of nie nodig het om in ’n spesifieke denim te pas nie. Vind uit waar jy moet begin om gewig te verloor…

Janine Truter, predikant Jou doel in die lewe het nie noodwendig te doen met jou werk of verantwoordelikhede nie. Dit is nodig om jou lewensdoel te verander as dit jou nie meer inspireer nie.

NAVRAE

Stuur ‘n epos na [email protected]
of bel 016 018 0243 (Kantoorure)
V&A