Wees kreatief met ‘n dosyn eiers

0
429
eiers.jpg

Glo dit of nie, maar jy kan selfs kruie in eierdoppe plant. Ons wys vir jou wat jy als met ʼn dosyn eiers kan maak:

Só laat jy kruie uit eierdoppe groei

Foto 1_1.jpg

Jy benodig:

  • 1 dosyn eiers
  • Dun handdoek
  • Organiese grond
  • Tweezers
  • Saad (enige kruie sal werk)
  • Aluminiumfoelie
  • 'n Bietjie sonskyn

 

1. Tik liggies met ʼn lepel aan die boonste deel van die eier en breek dit versigtig oop. Nadat jy die eierdoppe leeg gemaak het, spoel elkeen van hulle uit met warm water en los dit om droog te word.
2. Gebruik die foelie en maak ʼn tregter daaruit sodat jy jou eierdoppe kan vul sonder dat jy daar grond oral gemors word.
3. Vul die eierdoppe halfpad met grond en gebruik dan jou tweezers om ʼn saadjie versigtig in elkeen te plant.
4. Sodra jy hiermee klaar is, kan jy die eierdoppe op ʼn sonnige/warm vensterbank sit. Onthou om elke dag vir jou kruie water te gee.

Wat is Paasfees sonder ʼn haas?

foto 2_2.jpg Foto 3_0.jpg

Jy benodig:

  • 2 ronde koekpanne
  • Jou gunsteling koekmengsel
  • Versiersuiker
  • Smarties

 

1. Nadat jy jou die koek gebak het en dit alreeds laat afkoel, gebruik een van die ronde koeke en sny jou pashaas se ore en das uit.
2. Nou kan jy jou paashaas versier.

Reënboog eiers vir die jonges

foto 4.jpg

Jy benodig:

  • Gekookte eiers
  • ʼn Glasbak
  • ʼn Eetlepel
  • ½ Koppie kookwater
  • 1 Teelepel wit asyn
  • Koekkleursel
  • Verf

 

1. Meng ʼn ½ koppie water saam met 1 teelepel asyn en ʼn paar druppels kleursel.
2. Gebruik nou ʼn eetlepel om die eier in die mengsel te doop – hoe langer die eier in die mengsel bly, hoe donkerder verkleur dit.
3. Nadat jy jou eiers gekleur het, laat dit dan droog word.
4. Indien jy die eiers vir versierings wil gebruik kan jy verskillende patrone daarop verf.