Wees waterwys en spaar!

0
250
rose.jpg

Dis heerlike lente, die winter is verby! Met die koms van lente is dit belangrik om te onthou om jou rose en ander plante genoeg water te gee terwyl jy vir die reën wag.

Hoekom bederf jy nie sommer jouself met ’n oulike nuwe gieter nie? Dit is dalk net die inspirasie wat jy nodig het om aan die werk te spring. Wees waterwys en gooi strooi of gras oor jou beddings en gebruik klippies of bosplante om dors onkruid weg te hou. Laaggroeiende grondbedekkers soos verbena en alyssum kan goed werk.

’n Ander oulike idee is om kruie te plant – origanum en tiemie is ideaal – want dit help baie met waterbesparing deurdat dit verdamping voorkom.