weet jy waar jou kos-obsessie vandaan kom?

0
55
obessie_met_kos.jpg

Baie vrouens eet wanneer hulle hartseer of gestres is. Tog lê die wortel van die kwaad nie altyd in jou huidige omstandighede nie.

Om te sukkel met jou gewig en om ’n obsessie met kos te hê is iets wat jou in jou lewe kan bind en beperk. Om vry te kom daarvan moet jy die heel diepste oorsaak vir jou draai na kos identifiseer. Dit kan enigiets wees van verwerping deur ’n ouer of pyn en seerkry wat te veel word.

’n Basiese selfhaat en die geloof dat jy niks werd is nie laat jou ook na kos draai. As mense jou heeltyd afbreek en vertel hoe sleg jy is word kos maklik jou enigste ontvlugting en uitlaatklep.