Welige wenkbroue uit jou jongdae

0
242
wenkbroue.jpg

Wenkbroue raam jou gesig, maar hoe ouer jy word, hoe yler raak dit. Kry só beter wenkbroue as toe jy ’n tiener was.

Twee oplossings vir yl wenkbroue

Wenkbroue vir ’n dag
Gebruik ’n potlood soos Palladio Brow Pencil (R80), by Dis-Chem, of skadupoeier soos die Wet n Wild Ultimate Brow Kit (R50) van uitgesoekte Clicks-winkels. Party vroue kry die beste resultate met ’n kombinasie van die twee.

Gee jou wenkbroue volheid met die poeier en gebruik die potlood vir definisie, veral aan die buitekant van jou wenkbroue. As jy egter verkies om individuele haartjies op die area in te teken vir ’n baie realistiese voorkoms, het jy eerder ’n kosmetiese viltpen nodig. Die NYX Eyebrow Marker (R126), eksklusief by Clicks-winkels, sal nie smeer of verdof nie. Gee volheid aan jou bestaande wenkbrouhaartjies met ’n stileermiddel soos Eylure Brow Control & Shape Gel (R109), by Dis-Chem.

Wenkbroue vir ’n dekade
Kry wenkbroue met permanente grimering, maar maak seker jy gaan na iemand met ’n uitstekende reputasie en jare se ervaring. Jy moet vooraf voorbeelde van haar werk sien. Sy moet in ’n omgewing werk wat so steriel soos ’n hospitaalteater is.

Kies ’n wenkbrouvorm wat natuurlik en tydloos is, beslis nie ’n modegier soos ’n baie dun, dik of erg geboë vorm nie. Natuurlik moet die kleur ink by jou haarkleur pas. As jy meesal blond is of rooi hare het, moet jou wenkbroukleur grys of ligbruin wees. As jou hare swart of donkerbruin is, kies donkerbruin. Swart is hard en onvleiend, en kan maklik onnatuurlik lyk.

Onthou dat permanente grimering vervaag en na ongeveer vyf jaar weer ingevul moet word om die kleurintensiteit te behou.

Jou nuttige adresboekie vir wenkbrourehabilitasie

Brow Xpress se Gillian Lentin is bekend as die wenkbroukoningin. Sy sal jou wenkbroue korrek kleur en pluk. Maak nou ’n afspraak by haar studio in Johannesburg, want sy het ’n waglys vir nuwe kliënte. Skakel 082 584 2348.

Pink Pepper Yvonne Taylor se salon in Pretoria spesialiseer in permanente grimering wat stylvol lyk. Wat die salon se tegniek so gesog maak, is dat hulle vir jou wenkbroue gee wat soos regte, individuele haartjies lyk. Skakel 012 362 0492. Cookie Khan by Carlton Hair Hyde Park gebruik threading om wenkbroue perfek te vorm met katoengaring. Die resultaat is baie skerp gedefinieerde wenkbroue. Cookie se kliënte kom van so ver as Kaapstad sodat sy hulle voorkoms in stand kan hou. Skakel 082 259 2117.

Wen ’n groeiserum vir wimpers en wenkbroue

Om in te skryf SMS: WEN + Rapidlash en eposadres na 33282.
(Elke SMS kos R1,50.)

KOMPETISIEREËLS:

  1. Kompetisie sluit 31 Maart 2015.
  2. Wenners sal deur ’n trekproses gekies word.
  3. Wenners sal per foon of per e-pos in kennis gestel word.
  4. Die beoordelaars se besluit is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  5. Die prys kan nie verruil word nie
  6. Personeellede van Caxton, Carpe Diem Media, hulle besigheidsverwante en advertensiemaatskappye en hulle direkte families sal nie vir die prys oorweeg word nie.
  7. Deur deel te neem aan die kompetisie stem jy in om in die toekoms korrespondensie van www.voelgoed.co.za te ontvang.

Geskryf deur Ryno Mulder