Wen babaprodukte van Bugsy Boo Kiddies Clothing

1912

BUGSY BOO KIDDIES CLOTHING verkoop unieke kinderklere en bykomstighede om jou dogtertjie elke dag soos ’n prinses te laat lyk.

Dié versameling rokkies, broekpakke, kopbande en babaklere is nie iets wat jy elke dag op die rak sien nie.

’n Denim kanttop met ’n wit valletjies-romp kan jou rabbedoe soos ’n ware lady laat lyk en is die perfekte keuse vir haar volgende partytjie.

Die moulose denimsomersrok met pêrelknope is lekker koel en speels en sal beslis die aandag trek wanneer die familie bymekaar kom en Ouma met haar kleinkind wil spog.

’n Kopband rond ’n dogtertjie se uitrusting mooi af. As dit boonop soos ’n kroon lyk en steentjies in het, sal sy regtig soos ’n prinses voel.

[divider style=”9″]

Kompetisie is ongelukkig nou gesluit. Die wenners is Erika de Villiers, Wilma Strydom, Magda Conradie, Erika Otto, Cornel Brand, Mariette Joubert, Elize de Vries en Gene Dempers.

KOMPETISIEREËLS:
1. Kompetisie sluit 9 Junie 2019.
2. Wenners sal deur ’n trekproses gekies word.
3. Wenners sal per foon of per e-pos in kennis gestel word.
4. Die prys sal per koerrier aan jou gestuur word.
5. Personeellede van Caxton, Carpe Diem Media, hulle besigheidsverwante en advertensiemaatskappye en hulle direkte families sal nie vir die prys oorweeg word nie.
6. Deur deel te neem aan die kompetisie stem jy in om in die toekoms korrespondensie van www.voelgoed.co.za te ontvang.