Wen Beaucience Natural Day Cream met SPF15

1998

Hierdie nie-vetterige dagroom bied uitstekende bevogtigende eienskappe met die inkorporasie van Vitamien B en Marula-olie wat trans-epidermale waterverlies voorkom.

Hierdie room beskerm ook effektief UVA- en UVB-strale en is verryk met Proteasyl TP vir die beskerming en herstel van biologiese veroudering. Dit is geskik vir alle velsoorte.

Oor Beaucience:

Beaucience is ’n trots Suid-Afrikaanse, natuurlike velsorgreeks wat, waar moontlik, fokus op natuurlike formulasies en bestanddele.

Die teenverouderingreeks bevat ‘n aktiewe peptied as bestanddeel, Proteasyl TP. Dit kom voor in die ertjieplant en beveg die verskyning van plooie vir ‘n vel wat gladder en helderder lyk.

Beaucience produkte is beskikbaar by geselekteerde salonne landwyd, www.beaucience.co.za en www.absoluteskin.co.za. Volg hulle op Facebook / Twitter en Instagram. Facebook: Beaucience Instagram: beaucience Twitter: @Beaucience Tel: 0217090362


Wen ’n Beaucience Natural Day Cream
met SPF15 ter waarde van R370!

KOMPETISIE IS NOU GESLUIT.

Die wenner is: Marina Eksteen.

KOMPETISIEREËLS:
1. Kompetisie sluit 31 Maart 2018.
2. Wenners sal deur ’n trekproses gekies word.
3. Wenners sal per foon of per e-pos in kennis gestel word.
4. Die beoordelaars se besluit is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
5. Die prys kan nie verruil word nie
6. Personeellede van Caxton, Carpe Diem Media, hulle besigheidsverwante en advertensiemaatskappye en hulle direkte families sal nie vir die prys oorweeg word nie.
7. Deur deel te neem aan die kompetisie stem jy in om in die toekoms korrespondensie van www.voelgoed.co.za te ontvang.