Wen een van 10 oulike oortreksels vir babas

mina moo baba
mina moo baba

MINA MOO AND BABY vervaardig uitstekende babatoebehore vir moderne mammas, wat nie net prakties en nuttig is nie, maar ook stylvol en mooi is om na te kyk.

Die multifunksionele oortreksel is ’n moet vir moderne ma’s en kan gebruik word as ’n oortreksel vir baba se karstoeltjie, vir privaatheid om in die publiek te borsvoed en meer.

Hierdie nuttige item sal jou baba in ’n sagte kokon van veiligheid omvou en hom beskerm teen weerstoestande of die gewoel van mense rondom julle.

Dit is ook die ideale manier om jouself en jou kind te bedek wanneer dit voedingstyd is en jy nie by die huis is nie.

Tien gelukkige lesers kan elk een van hierdie oulike oortreksels wen!

Hierdie kompetisie is nou gesluit. Die wenners is Christa, Yolande Markgraaff, Lorraine Futcher, Bianca Franke, Marisa Strydom, Belinda De Beer, Sanette Meiring, Daniellé Le Grange, Le-Anne en Carla van Rooyen.

KOMPETISIEREËLS:
1. Kompetisie sluit 8 September 2019.
2. Wenners sal deur ’n trekproses gekies word.
3. Wenners sal per foon of per e-pos in kennis gestel word.
4. Die prys sal per koerrier aan jou gestuur word.
5. Personeellede van Caxton, Carpe Diem Media, hulle besigheidsverwante en advertensiemaatskappye en hulle direkte families sal nie vir die prys oorweeg word nie.
6. Deur deel te neem aan die kompetisie stem jy in om in die toekoms korrespondensie van www.voelgoed.co.za te ontvang.