Wen een van 2 CMP-kids boekpakkette

2754
CMP kids

CMP-kids neem Jesus se opdrag, “Laat die kindertjies na My toe kom…” (Markus 10:13), baie ernstig op. Met elke publikasie wil ons kinders in die regte rigting stuur.

Spreuke 22:6 is daarom CMP-kids se doelwit met elke boek ‒ veral soos The Message dit aangrypend stel: Point your kids in the right direction – when they’re old they won’t be lost.

Al CMP se boeke is aan mekaar verbind sodat elkeen deel van ‘n geloofsgroeiproses vorm en elke kind in staat stel om só te kan bid:

O genadige Verlosser, Vriend en Broer,
mag ek U meer duidelik ken,
U meer duidelik liefhê,
U elke dag meer duidelik volg,
meer duidelik U liefde vir my sien
sodat ek meer duidelik kan weet wie ek is.
Amen
(‘n Verwerking van ‘n gebed van Richard van Chichester, 1197-1253)

CMP-kids neem met elke boekprojek ‘n holisties benadering in. Ons neem die kinders se temperamente (met ander woorde hoe God hulle bedraad het) in ag asook die ontwikkelingsfases waarin hulle hulself bevind en wat die spesifieke uitkomste in sulke fases moet wees. Verder bou ons geloofsopvoedingsveronderstellings en ander opvoedkundige leervaardighede in die teks in.

Volg CMP se Facebook en Instagram blaaie vir daaglikse teksverse, inligting oor nuwe produkte, opwindende projekte en gratis inspirerende reekse.


Wen een van 2 CMP-kids geskenkpakke

Vul jou besonderhede onder in en staan die kans om te wen!

KOMPETISIEREËLS:
1. Kompetisie sluit 15 Desmeber 2019.
2. Wenners sal deur ’n trekproses gekies word.
3. Wenners sal per foon of per e-pos in kennis gestel word.
4. Die prys sal per koerrier aan jou gestuur word.
5. Personeellede van Carpe Diem Media, hulle besigheidsverwante en advertensiemaatskappye en hulle direkte families sal nie vir die prys oorweeg word nie.
6. Deur deel te neem aan die kompetisie stem jy in om in die toekoms korrespondensie van www.voelgoed.co.za te ontvang.