Wen een van 3 mini roll-on velsorg geskenkpakke ter waarde van R225

0
1402

Debbie Jackson, stigter van Balance Cape Town, stel weereens ’n produkreeks bekend wat ’n wonderlike toevoeging is tot enige velsorg roetine.

Elke 10ml roll on serum is ’n klein skatkis van noodsaaklike en organiese helende olies.

Save my Skin, byvoorbeeld, is ’n na-son-balsem van gemengde granaatjiesaad-olie,
vitamien E en kruisement-essensiële olie. Rol dit eenvoudig op jou songebrande vel vir onmiddellike verligting.

All about Eyes is die perfekte teenmiddel vir laat nagte of langafstand reis – ’n moet vir elke reisiger se handsak. Met kollageenverbeterende organiese Maroela-olie, vitamien E, soet amandelolie (vir die vermindering van pofferigheid of donkerkringe) en geparfumeer met vars, groen sederhout.

Die laaste in hierdie velsorg trilogie is All about Nails. Dit bevat organiese, genesende granaatjiesaad-olie gemeng met die anti-bakteriële essensiële olie, tea-tree, sowel as die anti-inflammatoriese laventel olie.

Hierdie en ander organiese produkte is landwyd beskikbaar by geregistreerde verspreiders en jy kan dit aanlyn bestel by www.aboutyourlifestyle.com.

Jy kan ook ’n verspreider word. Vir meer inligting, kontak:
Oos-Kaap: Antonette 0833202546
Wes-Kaap: Tercia 0824356287
Gauteng: Karien 0823345943 of Estella 0829544439


Wen een van 3 velsorg mini roll-on geskenkpakke
ter waarde van R225

Om in te skryf, vul jou besonderhede hier in:

KOMPETISIEREËLS:
1. Kompetisie sluit 30 November 2018.
2. Wenners sal deur ’n trekproses gekies word.
3. Wenners sal per foon of per e-pos in kennis gestel word.
4. Die prys sal per koerrier aan jou gestuur word.
5. Personeellede van Caxton, Carpe Diem Media, hulle besigheidsverwante en advertensiemaatskappye en hulle direkte families sal nie vir die prys oorweeg word nie.
6. Deur deel te neem aan die kompetisie stem jy in om in die toekoms korrespondensie van www.voelgoed.co.za te ontvang.