Wen ‘n geskenkbewys van Evolve Day Spa ter waarde van R1000

0
5279

Evolve dag-spa

Die lewe kan somtyds skrikwekkend wees soos die eise opstapel en dit vir jou voel asof jy altyd probeer om die tyd in te haal.

Ons het ’n omgewing geskep waar jy tot stilstand kan kom, of dit vir ’n halfuur of ’n halfdag is, en jou fokus en perspektief kan terugkry. Vervul met nuwe lewenskrag kan jy uitstap en alles verrig wat jy jou ten doel stel.

Jy het net een lewe – leef dit! Kry waardering vir jouself en moenie met minder tevrede wees as wat jy verdien nie. Jy word altyd gerespekteer vir wie jy is en waar jy op jou reis is.

Gebruik al die tyd wat jy nodig het. Tyd is een van die belangrikste fasette van Evolve. Ons is altyd bewus daarvan dat tyd kosbaar is, en derhalwe respekteer ons ons gaste se tyd. Ons kan ’n pasklaar behandeling vir jou uitwerk sodat jy die welverdiende vertroeteling en persoonlike sorg kan ontvang. Ons doel is om vir jou ’n ervaring te bied wat die beste gebruik van jou tyd maak – of dit ’n kwartier se mani-pedi of ’n hele dag se pamperlang is.

Soms is dit al wat nodig is om jouself weer bymekaar te kry. Om tyd af te staan om op onsself te fokus kan ons hoop, drome en perspektief geheel en al vernuwe.

Ons bied spa-pakkette, masserings, estetiese behandeling, liggaamsbehandelings, tandbleiking, permanente grimering, manikure, pedikure, kunsnaels en selfverbruining. Ons geriewe sluit in ’n modder-stoomkamer, ontspanningsitkamer en ’n volledig toegeruste haarsalon.

Vir meer inligting, spesiale aanbiedinge en behandelings besoek gerus ons webwerf http://www.evolvedayspa.co.za/.


Wen ‘n spa-geskenkbewys ter waarde van R1000
Vul jou besonderhede onder in.

KOMPETISIEREËLS:
1. Kompetisie sluit 31 Augustus 2018.
2. Wenners sal deur ’n trekproses gekies word.
3. Wenners sal per foon of per e-pos in kennis gestel word.
4. Deelnemers aan die kompetisie moet by Evolve Spa by The Premier Hotel OR Thambo (73 Gladiator St, Kempton Park) die prys kan gebruik.
5. Personeellede van Caxton, Carpe Diem Media, hulle besigheidsverwante en advertensiemaatskappye en hulle direkte families sal nie vir die prys oorweeg word nie.
6. Deur deel te neem aan die kompetisie stem jy in om in die toekoms korrespondensie van www.voelgoed.co.za te ontvang.