Wen een van 5 handgemaakte vellies vir pa en baba

vellies ville

VELLIES VILLE spesialiseer in die maak van duursame vellies vir mans en vroue.

Omdat hulle saam met meer as twintig verskillende ontwerpers reg oor die land werk, is daar iets vir elke smaak in die reeks.

Die Hunters Vellies is gemaklik vir die jagseisoen en is ontwerp om manne wat daarvan hou om in die veld te stap, se voete behoorlik te ondersteun. Die skoensole is dik en grof afgewerk, wat dit lekker laat vastrap en sal keer dat dorings deursteek. Omdat dit van Nubuck-leer met ’n goeie grein gemaak is, is dit stylvol genoeg om in die stad ook te dra.

Nuwe pappas se kleingoed kan nou ook spog met dieselfde weergawes van dié gemaklike stapskoene, met ’n gekleurde insetsel van jou keuse.

Vul jou besonderhede in en staan die kans om te wen!

KOMPETISIEREËLS:
1. Kompetisie sluit 8 September 2019.
2. Wenners sal deur ’n trekproses gekies word.
3. Wenners sal per foon of per e-pos in kennis gestel word.
4. Die prys sal per koerrier aan jou gestuur word.
5. Personeellede van Caxton, Carpe Diem Media, hulle besigheidsverwante en advertensiemaatskappye en hulle direkte families sal nie vir die prys oorweeg word nie.
6. Deur deel te neem aan die kompetisie stem jy in om in die toekoms korrespondensie van www.voelgoed.co.za te ontvang.