Wen ‘n broekpak en oorvourokke van Lu–May

8397

LU-MAY se reeks duursame swemklere, stranddrag, geleentheidsuitrustings en alledaagse dra-klere is die perfekte items om jouself mee te bederf.

Die kledingstukke in hulle reeks word gemaak om alle liggaamsvorme te komplementeer, sodat vroue mooi en gemaklik kan voel.

Die wrap long floral dress is perfek vir enige geleentheid en is ontwerp om jou figuur te vly en jou beste bates te beklemtoon. Die mooi blompatroon is steeds hoog mode en die driekwartmoue sal verseker dat jy nie koud kry op koel aande nie.

Deesdae is jumpsuits ’n moet vir jou klerekas. Die boobtube striped navy jumpsuit is ’n prettige broekpak, wat lekker sal dra wanneer jy saam jou vriendinne gaan tee drink en kan met hoëhakskoene afgerond word vir aandfunksies.


Kompetisie is nou gesluit. Die wenners is: Carin Joubert, Ilse Neethling en Debra Sauer.

KOMPETISIEREËLS:
1. Kompetisie sluit 9 Junie 2019.
2. Wenners sal deur ’n trekproses gekies word.
3. Wenners sal per foon of per e-pos in kennis gestel word.
4. Die prys sal per koerrier aan jou gestuur word.
5. Personeellede van Caxton, Carpe Diem Media, hulle besigheidsverwante en advertensiemaatskappye en hulle direkte families sal nie vir die prys oorweeg word nie.
6. Deur deel te neem aan die kompetisie stem jy in om in die toekoms korrespondensie van www.voelgoed.co.za te ontvang.