WEN! ’n Droomwegbreek by Mount Sheba

Een gelukkige leser staan die kans om ’n week se vakansie by Mount Sheba te wen. Hierdie buiteseisoen–wegbreek (ter waarde van R20 000) sluit sewe nagte se verblyf, ontbyt en aandete vir twee in.

MOUNT SHEBA

Mount Sheba Lodge is ’n prentjiemooi-vakansiebestemming wat in die hartjie van Mpumalanga, naby die ou geskiedkundige myndorpie Pelgrimsrus, geleë is.

Die oord bied verskeie luukse kamers, wat elkeen toegerus is met satelliet- TV, kaggel, ’n koffiestasie, en suite badkamer (met ’n bad en stort) en ’n stoep met die mooiste uitsig van die bos.

Kampeerplek, sonder elektrisiteit, is beskikbaar vir gaste wat sonder luukshede in die natuur wil ontspan. Selfsorgeenhede en familiekamers is ideaal vir groter groepe mense.

Hackett’s Restaurant bedien ontbyt, terwyl middag- en aandete, asook drankies, by The Chandelier Restaurant geniet kan word. Kamerdiens is ook beskikbaar vir diegene wat meer privaat wil wees of net te lui is vir uitgaan.

Daar is ’n wye verskeidenheid aktiwiteite om aan te deel te neem, wat tennis, veerpyltjies, buitelig-skaak, kegelbal, staproetes, visvang, swem en vele meer insluit.

’n Pragtige kapel en troulokaal met ’n betowerende bosatmosfeer bied aan paartjies die geleentheid om die sprokiestroue van hulle drome te hê en vir die hele naweek saam met hulle gaste te kuier.

Mac Mac Falls en God’s Window, twee gewilde toeristebestemmings, is naby die oord geleë en Blyderivierspoort en die Kruger Nasionale Park kan ook besoek word as jy bereid is om ’n entjie te ry.

Hierdie pragtige oord is omring deur die asemrowende natuurskoon van die Mount Sheba-reënwoud en spog met die mees romantiese sonsondergange wat jy nog ervaar het.

Mount Sheba Lodge is die perfekte bestemming vir staptoere, sprokiestroues, romantiese wegbreke en konferensies.

 

DIE PRYS

Een gelukkige leser kan sewe aande se verblyf vir twee mense in Mount Sheba se luukse presidensiële suite wen, ter waarde van R20 000!

Ontbyt en aandetes is ook ingesluit in dié prys wat buiteseisoen, voor 31 Maart 2021, gebruik moet word.

SLUITINGSDATUM

Die kompetisie sluit op Sondag 29 November en die wenner word op Woensdag 2 Desember op Finesse Voelgoed Tydskrif se Facebook-bladsy aangekondig.

BESPREEK

Bespreek vandag nog jou plek by [email protected]
of skakel 013 768 1241 vir meer inligting.

WEN