Wen ’n geskenkpak van PETIT LOVE

Petit Love wen

PETIT LOVE vervaardig duursame klere, meubels en speelgoed vir babas én hulle moderne mammas.

Die Herschel Heritage-kinderrugsak is beskikbaar in grys en blou en het ’n spesiale naamkaartjiehouer om jou kind se toebehore behoorlik te merk.

Om te keer dat jou kleinding se lyfie te veel son kry, belê in ’n kleurvolle Bohemian-swembroek met lang moue waarmee sy steeds in die water kan baljaar sonder dat haar arms brand.

Wat is ’n baaibroek dan nou ook sonder ’n mooi stel Havaianas-plakkies met ’n Sneeuwitjie-motief om dit mee af te rond? Dis ook beskikbaar in ’n groen blokkiespatroon.

Een gelukkige leser kan hierdie oulike geskenkpak wen!

Vul jou besonderhede in en staan ’n kans om te wen!

Die kompetisie is nou gesluit. Die wenner is Cara Bosch.

KOMPETISIEREËLS:
1. Kompetisie sluit 20 Oktober 2019.
2. Wenners sal deur ’n trekproses gekies word.
3. Wenners sal per foon of per e-pos in kennis gestel word.
4. Die prys sal per koerrier aan jou gestuur word.
5. Personeellede van Caxton, Carpe Diem Media, hulle besigheidsverwante en advertensiemaatskappye en hulle direkte families sal nie vir die prys oorweeg word nie.
6. Deur deel te neem aan die kompetisie stem jy in om in die toekoms korrespondensie van www.voelgoed.co.za te ontvang.