Wen een van 5 ontwerperskoene vir vroue van Baruch

Baruch skoene

BARUCH se handgemaakte dameskoene is presies waarna jy soek.

Die Ivy Pink-reeks is baie vroulik. Dit word gekenmerk deur die oop binnekante van die skoen wat gemaklik aan jou voete pas.

As jy ’n praktiese vrou is wat gefokus is op ’n skoen wat lekker dra, sal jy mal wees oor die Michelle-reeks, wat aan die kante oop is, maar jou voet aan die binnekant beskerm.

Blompatrone en leer kom saam in die fraai ontwerp van die elegante Petro-reeks. Hierdie sandale is perfek om op kantoor of saam met jou denim te dra.

Maak seker dat jy ’n paar toe skoene het wat by verskillende kleurskakerings sal pas, met die Sharon-reeks se tweekleurafwerking.

Kliek hier vir Baruch se wye reeks verskeidenheid skoene.

5 gelukkige lesers staan die kans om een van hierdie pare wen!

Vul jou besonderhede in en staan die kans om te wen!

KOMPETISIEREËLS:
1. Kompetisie sluit 8 September 2019.
2. Wenners sal deur ’n trekproses gekies word.
3. Wenners sal per foon of per e-pos in kennis gestel word.
4. Die prys sal per koerrier aan jou gestuur word.
5. Personeellede van Caxton, Carpe Diem Media, hulle besigheidsverwante en advertensiemaatskappye en hulle direkte families sal nie vir die prys oorweeg word nie.
6. Deur deel te neem aan die kompetisie stem jy in om in die toekoms korrespondensie van www.voelgoed.co.za te ontvang.