Wen plakkers vir jou mure van Fun Walls

0
8461

10 gelukkige lesers kan pragtige vinielmuurplakkers van Fun Walls wen, ter waarde van R1 000. Die prys sluit twee of drie ontwerpe van die wenners se keuse in.

Nie almal kan dit bekostig om hulle huis te laat uitverf of nuwe meubels te koop wanneer hulle graag ’n verandering wil maak nie.

Hoëgehaltemuurplakkers van viniel kan jou egter help om lewe in ’n saai vertrek te blaas. Dit is boonop maklik om aan te bring.

Dit kan soos ’n gewone plakker op die muur geplak word of soos ’n tipiese aanplak-tatoe aan ’n gladde muur aangewend word.

Dit kan ook net so maklik weer verwyder word wanneer jy dit nie meer nodig het nie.
Daar is verskillende opsies om uit te kies om jou unieke stempel op die vertrekke in jou huis af te druk.

Jy hoef nie ’n binnehuisversierder of kunstenaar te wees om die mure van jou huis of ’n spesifieke vertrek op te helder nie. Al wat jy hoef te doen, is om op ’n styl of tema te besluit.

Versier jou babakamer met muurplakkers wat by die tema pas, of maak kinderkamers pret met swartbord- of spieëlplakkers waarmee hulle kreatief kan wees.

Kinderkamers is beslis nie die enigste vertrekke wat voordeel kan trek uit hierdie oulike muurbedekkings nie. Jou studeerkamermure kan met mooi aanhalingplakkers versier word om jou te inspireer, terwyl jou windpomptema-kombuis met die lekkerste Afrikaanse sêgoed kan spog.

Sitkamers en eetkamers kan baie modern lyk met patrone en fokuspunte wat die aandag sal aflei van die kraak in die muur of die gebreekte teël. Jy sal dit tien teen een ook baie geniet om ’n boomplakker in jou gang te hê, sonder die gemors en onderhoud wat gewoonlik met ’n lewende boompie gepaardgaan.

Die gewildste opsie is ’n plakker in die vorm van ’n familiestamboom. Dit is indrukwekkend, vang die oog en kan ’n besonderse stelling maak, veral as jy mooi familiefoto’s in die ruimtes plak wat daarvoor oopgelaat is.


Wen pragtige vinielmuurplakkers
van Fun Walls wen, ter waarde van R1 000

Kompetisie is nou gesluit. Wenners is: Monique Pietersen, Willie Erasmus, Lize Reid, Charlize van der Merwe, Sophia Thomas, Elmarise Maritz, Christelle Arlow , Michelle Bibbey, Tina Havenga en Louwina Pretorius.

KOMPETISIEREËLS:
1. Kompetisie sluit 17 Junie 2018.
2. Wenners sal deur ’n trekproses gekies word.
3. Wenners sal per foon of per e-pos in kennis gestel word.
4. Die beoordelaars se besluit is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
5. Die prys kan nie verruil word nie
6. Personeellede van Caxton, Carpe Diem Media, hulle besigheidsverwante en advertensiemaatskappye en hulle direkte families sal nie vir die prys oorweeg word nie.
7. Deur deel te neem aan die kompetisie stem jy in om in die toekoms korrespondensie van www.voelgoed.co.za te ontvang.