Werk aan die pap bo-arms

0
32

Die meeste vroue konsentreer so daarop om hul maag, boude en bobene ferm te hou dat hulle hul bo-arms afskeep.

Hierdie oefening is gemik op die biseps, die spier aan die voorkant van die bo-arm. Dié spier strek van die waai van jou arm tot bo by jou skouer.

Sit met jou knieë uitmekaar op die rand van ’n stoel sonder armleunings. Hou ’n gewig in jou regterhand vas. Leun effens vooroor met jou bolyf sonder dat jy jou rug krom maak en plaas jou regter-elmboog teen die binnekant van jou regterbeen. Hou jou arm reguit.

Buig nou jou elmboog en lig die gewig op in die rigting van jou skouer. Jy sal voel hoe die biseps saamtrek. Moenie jou elmboog oplig nie – hou dit stewig gestut op dieselfde plek aan die binnekant van jou bobeen. Keer terug na die beginposisie deur jou arm stadig reguit te maak. Doen 15-20 herhalings en doen dan die oefening met die gewiggie in jou linkerhand.

Geskryf deur Linda Kriel

Volg Linda op Twitter by @linda_kriel