Werk aan jou probleemareas!

0
67
weerstand_oefening.jpg

Sagte boarms, uitsteek magie of groot bobene? Dít is hoe jy daardie probleemareas van jou lyf target. Kry ferm, pragtige spiere.

As jy jou liggaam in top shape wil kry, is opknappingsoefeninge onontbeerlik. Daar is min, indien enige vroue wie se liggaam nie by ’n daaglikse paar minute se opknapping sal baat vind nie.

  • Vir vinnige resultate, gebruik weerstand. Doen byvoorbeeld oefeninge met los gewigte,  kettlebells, enkelgewigte of rekke.
  • Hoeveel is genoeg? As jy nie 15 herhalings van een oefening kan voltooi nie, is die gewig te swaar. Onthou jy wil nie soos ’n liggaamsbouer lyk nie. Liggaamsbouers wat groot spiere wil bou, gebruik swaar gewigte en doen min (8 – 10) herhalings van elke oefening. Verder het hulle ook rusdae tussenin om die spiere tyd te gee om te ontwikkel. Jy kan 4-5 keer per week opknapping doen met 15-20 herhalings van elke oefening om mooi ferm spiere kry sonder om groot spiere te bou. As jy weer té ligte weerstand gebruik en baie herhalings kan doen sonder dat die spier moeg word, gaan jy nie so gou ferm word nie.
  • Fokus op probleemareas. Dis raadsaam om spiere in die bo- en onderlyf te oefen, maar doen méér oefeninge vir jou probleemareas.


Geskryf deur Linda Kriel