WhatsApp V&A

0
84

Só registreer ek:

  1. Save Finesse-tydskrif se nommer op jou selfoon: 062 194 2334
  2. Stuur dan ‘n SMS (nie ‘n Whatsapp nie!) met jou naam, van en selfoonnommer na bogenoemde nommer en ons sal jou by die broadcast-groep voeg.

Wat is ‘n broadcast-groep?

‘n Broadcast-groep word geskep sodat die persoon wat die boodskap stuur, dit vir ‘n groot groep mense kan stuur, MAAR die lede van die groep sien niemand van die groep se kontakbesonderhede of boodskappe wat vir die sender gestuur word nie.

Kan ek vir Finesse boodskappe stuur?

Beslis! Ons onderneem om al die boodskappe te lees, alhoewel ons nie op almal sal kan reageer nie.

Gaan ek almal se boodskappe ontvang, soos op ‘n gewone Whatsapp groep?

Jy kan vir ons boodskappe stuur, maar sal geen boodskappe van ander mense op die groep ontvang nie.

Wat gebeur met my persoonlike inligting?

Dit bly privaat. Finesse gesels met jou en onderneem om geen inligting aan derdepartye te versprei nie.

Gaan ek ‘n klomp gemorspos ontvang as ek inteken?

Nee. Jou inligting word nie uitgedeel nie en ons kommunikeer slegs Finesse-verwante inhoud met jou.

Hoeveel gaan die Whatsapp-inskrywing my kos?

Jou inskrywing is gratis.

Wat gaan gebeur as ek my selfoon vervang of nommer verander?

Dan moet jy die subskripsiestappe herhaal.

Hoe haal ek myself van die Whatsapp-lys af?

As jy die dag nie meer ons boodskappe wil ontvang nie, stuur net STOP.

Hoe gereeld gaan ek boodskappe ontvang?

Eenkeer per week, behalwe as ons jou dringend aan iets wil herinner wat nie tot ‘n volgende week kan wag nie.

Hoe lank neem die inskrywingsproses?

Dit mag dalk 24 uur neem, omdat ons verskeie inskrywings ontvang.