wie is jy régtig?

0
14
wie_is_jy.jpg

Soveel keer word ons in ons lewens in ’n rol geplaas deur geliefdes wat ons eintlik nie pas nie. Dan word kos ongelukkig die uitlating.

Die boodskappe wat jy as kind kry word deel van jou realiteit. Dit is belangrik dat jy die boodskappe verstaan. Dalk was daar altyd van jou verwag was om die “goeie kind” te wees, daarom vertolk jy nou nog hierdie rol.

Dit beteken dat jy sekere natuurlike karaktertrekke en behoeftes moet onderdruk om seker te maak jy pas altyd in die rol van perfekte persoon. Jy neem ook almal altyd in ag voordat jy jouself erken. Jou enigste ontlading word dan kos. Wat is die oplossing? Begin jouself erken en soms eerste stel en maak seker dat kos nie die enigste vorm van lekker in jou lewe is nie!