Wimperverlengings – Is dit vir jou?

0
43
ooghare.jpg

Venessa Schoeman, FINESSE redakteur, vertel of sy hierdie nuwe manier van oogknip vir jou sal aanbeveel.

My wimpers is nie kort nie, maar kan voller wees. Ek wil graag uitvind of wimperverlengings ’n verskil kan maak.

DIE BEHANDELING Flutter Lash Extensions in Carlton Hair, Hyde Park. Die koste is ongeveer R700 tot R1 000 vir ’n vol stel, afhangend van die jare ervaring van die terapeut. Om wimpers wat uitgeval het, te vervang wissel van R200 tot R450. www.fluttereyelash.co.za of skakel 083 600 6678.
DIE PROEFKONYN Venessa Schoeman
HOEVEEL STERRE GEE SY DIT ★★★★
HULLE SÊ Die skoonheidsterapeut heg individuele haartjies een vir een aan jou ooglede vas terwyl jou oë toe is. Om die voorkoms te behou, moet die wimperverlengings elke tweede of derde week vervang word waar die oorspronklike hare uitgeval het.
VENESSA SÊ Melissa, my wimperspesialis, het die behandeling verduidelik voordat sy begin het. Die proses duur twee uur die eerste keer. Sy plak inderwaarheid elke individuele wimperhaar een vir een teen die basis van een van jou eie wimpers.
Jy kan tussen verskillende lengtes kies na gelang van jou styl. Melissa het aanbeveel dat ek die kort of medium lengte vir die eerste keer kies en sy was in die kol. Die resultaat is oortuigend en natuurlik.
WAT JY MOET WEET Jy mag nie oliebasisreiniger daarop gebruik nie, want dit laat die wimpers loskom. As jy versigtig werk en nie daaraan trek nie, behoort dit tot twee weke lank te hou.
’n Dag na my afspraak het ek griep gekry. As gevolg daarvan het my oë getraan en het ek meer as gewoonlik aan my oë geraak en van die wimpers op my linkeroog het losgetrek. Ek glo egter hoe lank jou wimperverlengings hou, hang hoofsaaklik af van hoe vinnig jou wimpers waarmee jy gebore is, uitval en uitgroei. Die eindresultaat van wimperverlenging hang af van die terapeut se opleiding en ervaring asook die kwaliteit van die haartjies wat sy gebruik.

3 maniere om sexy oë te kry

  • Vals wimpers maak van ’n gewone oogknip ’n okkasie. Eylure London Texture No. 153 (R58,95), by Dis-Chem en apteke, kan weer gebruik word sluit die wimpergom in. Met ’n bietjie oefening sal jy dit in twee minute kan aanplak.
  • Kleur jou wimpers donkerder vir ’n dramatiese verskil. Doen dit met Julienne 45 Day Permascara (R97, in ligbruin, donkerbruin of swart), verkrygbaar by Dis-Chem. Jou wimpers sal popmooi, sonder klonte of smerigheid, wees, en meer as ’n maand hou.
  • MD LashFactor Eyelash Conditioner (R950 vir ’n 3 maande-voorraad), by skoonheidsalonne. Die serum verleng wimpers as jy dit ses weke lank gebruik. Dit lewer sigbare resultate en is aangewys as skoonheidsproduk van die jaar. www.conquest.co.za of 011 706 2518.

Geskryf deur Ryno Mulder

DEEL
Vorige artikelHoe mense mekaar beïnvloed
Volgende artikelWat maak jy met jou geleenthede?
This is the "wpengine" admin user that our staff uses to gain access to your admin area to provide support and troubleshooting. It can only be accessed by a button in our secure log that auto generates a password and dumps that password after the staff member has logged in. We have taken extreme measures to ensure that our own user is not going to be misused to harm any of our clients sites.