Die regte studiemetode volgens jóú kind se temperament

STUDIEMETODE-

WERKSWINKEL

WIRED-studiemetodes maak leer minder stresvol

Wie ken nie die gevoel van ’n maag wat op ’n knop trek van eksamenstres en senuwees nie? Die rede – dikwels omdat kinders nie weet hoe om te leer nie.

Elke kind verkies sekere maniere van leer en onthou bo ’n ander. Dit word hulle leervoorkeur genoem. En dit is verseker só dat temperament ’n invloed op ’n kind se leervoorkeur het!

Deur studie aan te pak met jou kind se temperament in gedagte, help Lynette Beer se WIRED-studiemetodes nie net met die korrekte studiemetode volgens jou kind se leervoorkeur nie, maar ook ouers en kinders om mekaar beter verstaan!

Die aanbieder van die werkswinkel is Lynette se vennoot, die oud-onderwyseres Hui-Mari Meyer.

WIRED se Studiemetode-werkswinkel word IN-PERSOON én ook AANLYN aangebied, in samewerking met Voelgoed Media.

Die IN-PERSOON-werkswinkel word in EEN sessie op ’n Saterdag (6 ure) aangebied.

Die AANLYN-werkwinkel word aangebied met behulp van die Microsoft Teams-platform – SESSIE 1 op ’n Woensdag (2 ure), en SESSIE 2 en SESSIE 3 die daaropvolgende week op ’n Dinsdag (2 ure) en ’n Donderdag (2 ure).

Waarom WIRED-studiemetodes?

Sterk- en swakpunte

Om bewus te wees van jou eie natuurlike sterk- en swakpunte vorm ’n sleutelrol vir elke ouerkindverhouding wanneer dit kom by roetine, dissipline, huiswerk, spanning en uiteindelik prestasie.

Leervoorkeur

Tydens die werkswinkel word ’n oorsig oor elke kind se leervoorkeur gegee: die kenmerkende sterkpunte, die slaggate om te vermy, asook algemene kennis wat belangrik is vir jou as ouer en kind om te weet.

Leermetodes

Tydens die werkswinkel word metodes van leer stap-vir-stap aan die kind verduidelik. Saam met die metodes word memoriseringstegnieke en flitskaarte behandel. Deur van jou kind se temperament bewus te wees, gee vir ouers ’n nuwe blik op die studieproses.

Studievaardighede

Benewens studiemetodes word daar na studievaardighede soos roetine, tydsbestuur en die studie-omgewing gekyk. Sommige kinders het baie roetine en struktuur nodig, terwyl ander met ’n groter mate van buigsaamheid kan funksioneer.

Aktiewe leer

’n Kind kan leer vir die régte redes, maar ook vir die verkeerde redes. Tydens die werkswinkel word aktiewe leer aangemoedig. ’n Passiewe leerder is iemand wat bloot net leerwerk oor en oor deurlees en hoop hulle onthou iets daarvan.

Praktiese werkboek

Ouers en kinders ontvang alle relevante materiaal wat die Studiemetode-werkboek en ’n skryfbehoeftesakkie insluit. Hierdie praktiese werkboek vir gr. 4 tot gr. 12 gaan jou kind help om vinniger en meer doeltreffend te leer, én om werk makliker te onthou!

Temperamenttoets
WIRED se Studiemetode-werkswinkel sluit ’n temperamenttoets vir die ouer én die kind in.
Ken en verstaan mekaar beter en versterk gesinsverhoudinge met dié toets. Leer jou kind beter ken en ontdek wat hom of haar laat tiek. Ma of pa, voog of tutor kan dit óók doen om mekaar beter te leer ken en te verstaan.

’n Koeponkode word aan jou as ouer gestuur vir die toets wat aanlyn voltooi word

 
Studiemetode-werkswinkel

IN-PERSOON + AANLYN

in-persoon-klas (1)_result

In-persoon-werkswinkel (Pretoria)

WIRED se IN-PERSOON-werkswinkel is ses uur lank en word in EEN sessie aangebied, op ’n Saterdag by Moreleta Kerk, Moreletapark.

Die eerste deel se fokus val op die ouer-en-kind-komponent, waar Lynette Beer se Vierkleur-temperamentmodel inkorporeer word ten gunste van ’n individuele benadering tot ’n kind se natuurlike sterk- en swakpunte, en gevolglike leervoorkeur.

Die tweede deel se fokus val op die akademie-komponent wat ‘n praktiese sessie van 4 uur is.

Wat die Saterdag betref, is die tydgleuf 08:00 tot 14:00 beskikbaar.

Elke ouer (ma, pa, voog of tutor) word aangemoedig om die temperamenttoets te voltooi, en ook sáám met jou kind die werkswinkel by te woon.

Water, koeldrank, koffie en ‘n verskeidenheid ander verversings is tydens die breuke by die Revive Café beskikbaar.

Aanlyn-werkswinkel (Landswyd)

WIRED se AANLYN-werkswinkel is ook ses uur lank, en word in drie sessies met behulp van die Microsoft Teams-platform aangebied.

Sessie 1 word op ʼn Woensdag aangebied (18:00 tot 20:00), met sessie 2 en sessie 3 die daaropvolgende week se Dinsdag (18:00 – 20:00) en Donderdag (18:00 tot 20:00).

Vir enige navrae oor Wired se Studiemetode-werkswinkel, stuur gerus ‘n e-pos vir Hui-Mari Meyer by [email protected].

Lynette Beer se Vierkleur-temperamentmodel

Die Vierkleur-temperamentmodel van Lynette Beer vorm die grondslag van WIRED se Studiemetode-werkswinkel.

Jy moet weet wié jy is, wáártoe jy in staat is en wát jou doel op aarde is – anders gaan jy jou voortdurend met ander vergelyk en net nooit goed genoeg voel nie. Dit laat ons soms onnodig ellendig voel.

Met die Temperamentmodel het Lynette tot ’n baie belangrike ontdekking gekom: Mense verskil en hulle mág!

Elke kind is anders. Nie een dink, redeneer en voel dieselfde oor prestasie nie. WIRED se Studiemetode-werkswinkel wil ’n gesonde uitkyk op ouerbetrokkenheid bewerkstellig en ’n kind se toewyding versterk.

“Met behulp van die eenvoudige kleurkodes wil hulle nie net kinders bemagtig om hulle Godgegewe temperament te ontdek nie, maar hulle ook help om hulle natuurlike sterk kwaliteite en hulle basiese swakhede vas te stel,” sê Lynette.

Sommige kinders is byvoorbeeld gebore sonder roetine en dissipline – vir ander kom dit meer natuurlik.

Elke kind benader ook die stel van doelwitte anders. Wat vir een belangrik is, minag die ander. Gewoonlik tot groot frustrasie van die ouer.

Ouers moet aangemoedig word om die sogenaamde idealistiese prentjie van die perfekte te begrawe en eerder elke kind se unieke gawes en belangstelling te ontdek.

Sekere temperamente se standaarde is nét te hoog – ouers moet balans bring! Prestasie volg gewoonlik as jou kind se emosionele tenkie vol is. Temperament het soveel te doen met ’n berekende woordeskat – práát jou kind se taal!

Lynette Beer
Oud-onderwyseres Hui-Mari Meyer is die aanbieder

Die Studiemetode-werkswinkels word deur Hui-Mari Meyer aangebied. Ná 21 jaar in die onderwys, waar sy grootliks met leerders in die senior fase gewerk het, is sy opgewonde om terug te ploeg in die leerdersisteme van skole.

Hui-Mari se passie en onmiddellike begeerte is om kinders te lei na die nodige selfkennis, hulle primêr te plaas in die ontdekking van die eie-waarde en eie-self, sodat hulle gereed sal voel om ’n waardevolle bydrae tot die samelewing te lewer.

Die werkswinkels kweek ’n positiewe uitkyk oor die waarde van leer. Meestal voel kinders dat die groot meerderheid van die dinge wat hulle op skool leer, onnodig en vir die voëls is. Daarom verveel dit hulle én die punte wys dit. Tot groot frustrasie vir die ouer.

“Deur die regte motivering vir leer te kweek, bou ons kinders se selfvertroue op. Ons moedig eenvoudig aan: Ken jouself! Weet wat is jou ingebore natuur en behoeftes. Dra kennis van jou sterk- en swakpunte. Só verminder jy jou vrees deur uiteindelik spanning beter te hanteer,” sê Hui-Mari.

Verhoudings, veral mammas met skoolgaande kinders, word daagliks met verskillende uitdagings gekonfronteer. Waarvan akademie en studeer maar een van vele is. Dit het die potensiaal om verhoudings te versuur.

Ouers moet verstaan dat élke kind verskil en daarom kan jy as ouer nie meer van jou kind verwag as wat hulle natuurlik kan gee of doen nie.

Die waardevolle inligting en nog soveel meer, wat op praktiese wyse aangebied word met die WIRED Studiemetode-werkswinkel, sal jou as ouer soveel begrip vir jouself en ander gee. Dis onnodig om druk op ander te plaas om iemand te wees wat hulle nie kan nie.

Hui-mar Meyer
Bespreek
werkswinkel!
Februarie
Saterdag 17 Februarie

AANLYN

IN-PERSOON
WERKSWINKEL

(Pretoria)

Graad 4 tot 12

6 uur lank

1 sessie

Ouer (voog of tutor) en kind sáám

Temperamenttoets

Praktiese werkboek

Skryfbehoeftesakkie

R999
R1 500

IN-PERSOON
WERKSWINKEL VIR 2

(Pretoria)

Graad 4 tot 12

6 uur lank

1 sessie

Ouer (voog of tutor) en 2 kinders sáám

Temperamenttoets

Praktiese werkboek

Skryfbehoeftesakkie

R999
R1 500

IN-PERSOON
WERKSWINKEL

(Pretoria)

Graad 4 tot 12

6 uur lank

1 sessie

Ouer (voog of tutor) en kind sáám

Temperamenttoets

Praktiese werkboek

Skryfbehoeftesakkie

R999
R1 500

AANLYN-WERKSWINKEL

(Landswyd)

Graad 4 tot 12

6 uur lank

3 sessies (Woensdag + Dinsdag + Donderdag)

18:00-20:00

Ouer (voog of tutor) en kind sáám

Temperamenttoets

PDF-werkboek

R499
R1 000

WIRED se Studiemetode-werkswinkels word aangebied in samewerking met Voelgoed Media.
Wired-Logo
Voelgoed-Logo
Vir enige navrae oor Wired se Studiemetode-werkswinkels, stuur gerus ’n e-pos vir Hui-Mari Meyer by [email protected].
Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!