Wie ken nie die gevoel van ‘n maag wat op ‘n knop trek van eksamenstres en senuwees nie? Die rede – dikwels omdat kinders nie weet hoe om te leer nie.
Elke kind verkies sekere maniere van leer en onthou bo ‘n ander. Dit word hulle leervoorkeur genoem. En dit is verseker só dat temperament ‘n invloed op ‘n kind se leervoorkeur het!
Deur studie aan te pak met jou kind se temperament in gedagte, help Lynette Beer se WIRED-studiemetodes nie net met die korrekte studiemetode volgens jou kind se leervoorkeur nie, maar ook ouers en kinders om mekaar beter verstaan!
Die aanbieders van die werkswinkel is Lynette Beer én Lynette se vennoot, die oud-onderwyseres Hui-Mari Meyer.
Die IN-PERSOON-werkswinkel word in EEN sessie op ‘n Saterdag (5 ure) aangebied.
Om bewus te wees van jou eie natuurlike sterk- en swakpunte vorm ’n sleutelrol vir elke ouerkindverhouding wanneer dit kom by roetine, dissipline, huiswerk, spanning en uiteindelik prestasie.
Tydens die werkswinkel word ’n oorsig oor elke kind se leervoorkeur gegee: die kenmerkende sterkpunte, die slaggate om te vermy, asook algemene kennis wat belangrik is vir jou as ouer en kind om te weet.
Tydens die werkswinkel word metodes van leer stap-vir-stap aan die kind verduidelik. Saam met die metodes word memoriseringstegnieke en flitskaarte behandel.
Benewens studiemetodes word daar na studievaardighede soos roetine, tydsbestuur en die studie-omgewing gekyk. Sommige kinders het baie roetine en struktuur nodig, terwyl ander met ’n groter mate van buigsaamheid kan funksioneer.
’n Kind kan leer vir die régte redes, maar ook vir die verkeerde redes. Tydens die werkswinkel word aktiewe leer aangemoedig. ’n Passiewe leerder is iemand wat bloot net leerwerk oor en oor deurlees en hoop hulle onthou iets daarvan.
Ouers en kinders ontvang alle relevante materiaal wat die Studiemetode-werkboek insluit. Hierdie praktiese werkboek vir gr. 4 tot gr. 12 gaan jou kind help om vinniger en meer doeltreffend te leer, én om werk makliker te onthou!
Ken en verstaan mekaar beter en versterk gesinsverhoudinge met dié toets. Leer jou kind beter ken en ontdek wat hom of haar laat tiek. Ma of pa, voog of tutor kan dit óók doen om mekaar beter te leer ken en te verstaan.
’n Koeponkode word aan jou as ouer gestuur vir die toets wat aanlyn voltooi word
WIRED se IN-PERSOON-werkswinkel is vyf uur lank en word in EEN sessie aangebied, op ’n Saterdag in Pretoria.
Die eerste deel se fokus val op die ouer-en-kind-komponent, waar Lynette Beer se Vierkleur-temperamentmodel inkorporeer word ten gunste van ’n individuele benadering tot ’n kind se natuurlike sterk- en swakpunte, en gevolglike leervoorkeur.
Die tweede deel se fokus val op die akademie-komponent wat ‘n praktiese sessie is.
Wat die Saterdag betref, is die tydgleuf 08:00 tot 13:00 beskikbaar.
Elke ouer (ma, pa, voog of tutor) word aangemoedig om die temperamenttoets te voltooi, en ook sáám met jou kind die werkswinkel by te woon.
Die Vierkleur-temperamentmodel van Lynette Beer vorm die grondslag van WIRED se Studiemetode-werkswinkel.
Jy moet weet wié jy is, wáártoe jy in staat is en wát jou doel op aarde is – anders gaan jy jou voortdurend met ander vergelyk en net nooit goed genoeg voel nie. Dit laat ons soms onnodig ellendig voel.
Met die Temperamentmodel het Lynette tot ’n baie belangrike ontdekking gekom: Mense verskil en hulle mág!
Elke kind is anders. Nie een dink, redeneer en voel dieselfde oor prestasie nie. WIRED se Studiemetode-werkswinkel wil ’n gesonde uitkyk op ouerbetrokkenheid bewerkstellig en ’n kind se toewyding versterk.
“Met behulp van die eenvoudige kleurkodes wil hulle nie net kinders bemagtig om hulle Godgegewe temperament te ontdek nie, maar hulle ook help om hulle natuurlike sterk kwaliteite en hulle basiese swakhede vas te stel,” sê Lynette.
Sommige kinders is byvoorbeeld gebore sonder roetine en dissipline – vir ander kom dit meer natuurlik.
Elke kind benader ook die stel van doelwitte anders. Wat vir een belangrik is, minag die ander. Gewoonlik tot groot frustrasie van die ouer.
Ouers moet aangemoedig word om die sogenaamde idealistiese prentjie van die perfekte te begrawe en eerder elke kind se unieke gawes en belangstelling te ontdek.
Sekere temperamente se standaarde is nét te hoog – ouers moet balans bring! Prestasie volg gewoonlik as jou kind se emosionele tenkie vol is. Temperament het soveel te doen met ’n berekende woordeskat – práát jou kind se taal!
Die Studiemetode-werkswinkels word deur Hui-Mari Meyer aangebied. Ná 21 jaar in die onderwys, waar sy grootliks met leerders in die senior fase gewerk het, is sy opgewonde om terug te ploeg in die leerdersisteme van skole.
Hui-Mari se passie en onmiddellike begeerte is om kinders te lei na die nodige selfkennis, hulle primêr te plaas in die ontdekking van die eie-waarde en eie-self, sodat hulle gereed sal voel om ’n waardevolle bydrae tot die samelewing te lewer.
Die werkswinkels kweek ’n positiewe uitkyk oor die waarde van leer. Meestal voel kinders dat die groot meerderheid van die dinge wat hulle op skool leer, onnodig en vir die voëls is. Daarom verveel dit hulle én die punte wys dit. Tot groot frustrasie vir die ouer.
“Deur die regte motivering vir leer te kweek, bou ons kinders se selfvertroue op. Ons moedig eenvoudig aan: Ken jouself! Weet wat is jou ingebore natuur en behoeftes. Dra kennis van jou sterk- en swakpunte. Só verminder jy jou vrees deur uiteindelik spanning beter te hanteer,” sê Hui-Mari.
Verhoudings, veral mammas met skoolgaande kinders, word daagliks met verskillende uitdagings gekonfronteer. Waarvan akademie en studeer maar een van vele is. Dit het die potensiaal om verhoudings te versuur.
Ouers moet verstaan dat élke kind verskil en daarom kan jy as ouer nie meer van jou kind verwag as wat hulle natuurlik kan gee of doen nie.
Die waardevolle inligting en nog soveel meer, wat op praktiese wyse aangebied word met die WIRED Studiemetode-werkswinkel, sal jou as ouer soveel begrip vir jouself en ander gee. Dis onnodig om druk op ander te plaas om iemand te wees wat hulle nie kan nie.
In-persoon |
Saterdag 22 Februarie |
● Graad 4 tot 12
● 5 uur lank
● 1 sessie
● Ouer (voog of tutor) en kind sáám
● Temperamenttoets
● Praktiese werkboek
• Graad 4 tot 12
• 6 uur lank
• 1 sessie
• Ouer (voog of tutor) en kind sáám
• Temperamenttoets
• Praktiese werkboek
• Skryfbehoeftesakkie
• Graad 4 tot 12
• 6 uur lank
• 3 sessies (Woensdag + Dinsdag + Donderdag)
• 18:00-20:00
• Ouer (voog of tutor) en kind sáám
• Temperamenttoets
• PDF-werkboek