Witsjokolade-en-aarbeitert

0
79
witsjokoldade_aarbeitert.png

Hierdie dekadente sjokolade resepte is presies wat jy nodig het om jou manlief oor Valentynsdag te bederf. Hy gaan beslis uit jou hand uit eet ...

Genoeg vir 8-12
Tyd: 35 minute + afkoeltyd

BESTANDDELE:

250 g pakkie Tenniskoekies
125 g botter, gesmelt
60 ml verdroogde klapper
250 g roomkaas
60 ml versiersuiker, gesif
Skil van 1 suurlemoen
5ml vanielje-essens
100 g witsjokolade, gesmelt
250 g room
2 groot handevol aarbeie, gehalveer
Versiersuiker

METODE:

  1. Blits die koekies in ’n voedselverwerker tot fyn. Gooi die botter en klapper by en meng goed. Druk die mengsel onderin, en teen die kante, van ’n ronde 24cm-tertpan met ’n verwyderbare bodem vas. Verkoel in die yskas vir 30 minute.
  2. Meng die roomkaas, versiersuiker, suurlemoenskil en vanielje saam. Roer by die gesmelte sjokolade.
  3. Klop die room tot sagte pieke vorm en vou dit by die roomkaasmengsel in. Skep oor die koekiebasis en verkoel in die yskas vir ’n uur, tot geset.
  4. Garneer met die aarbeie en bestrooi met versiersuiker voor bediening.

 

Met komplimente van Food & Home Entertainment en Your Family