Woestyn-pad

Niks gebeur ooit verniet nie
Met alles het Ek ‘n plan sê die Here
Wat die duiwel beplan vir sleg
Dit neem Ek en maak dit goed

Die vraag is liewe kind
Vertrou jy My?
So baie gee so vinnig op
Sodra die reis te moeilik raak

Moet nooit moed opgee nie liewe kind
Op jou gee Ek ook nooit op nie
Die vervulling gaan jy nie sien nie
As jy sê Ag nee wat, dit is nie vir my

Liewe kind daar kom tye van deurdruk
Tye wat jy moet sterk word
Tye wat Ek gaan sê My kind vertrou My
Loop die pad tot die bitter-end

Dit help nie jy gee iewers in die middel op nie
Hoe gaan jy ooit jou Beloofde Land bereik
As jy nooit deur die woestyn nie
Liewe kind?

My volk Israel was 40 jaar in die woestyn
40 jaar!
Omdat hulle geweier het
Om te glo soos ‘n kind

In die woestyn leer Ek jou soveel kosbare lesse
Dinge wat jy nooit met geld kan koop nie
Moet die woestyn-pad nie verag nie sê Hy
Hou uit, hou aan, hou vas sê Hy!

Volharding … iets wat Abba-Vader altyd besig is om te kweek in die harte en lewens van Sy kinders. Hoekom? Want daar’s niks so mooi soos die van egte geloof. Gelouterde, gesuiwerde goue geloof. G’n wonder die Woord sê ‘Rejoice in your sufferings’. God kry nie lekker as ons swaarkry. Hy weet net waarheen ons uitvermoë ons saam met Hom kan neem. As ons nou al wankel gaan ons geloofsbene dit nooit tot die Einde kan deursien. ‘You’re making diamonds, diamonds out of us’. So lui die woorde van ‘n welbekende Christelike liedjie. Vader is altyd iewers heen oppad met elkeen van ons. Geloof wat die toets van tyd weerstaan het. Mag ek en julle daai trofee in die Hemel losslaan. Sterkte, jy kan!