Wonder wat bekommer

Ek wonder
Soms wonder ek te veel
Daar is so baie dinge waaroor ek my bekommer
Diep binne weet ek dit is nie van U

Ek wonder watter kant toe?
Ek wonder wanneer Heer?
Vertroue is vêr van my
Bekommernis maak my sy beste vriend

Bekommernis skei van My
Dit bring grense liewe kind
Grense wat net jy kan verbreek
As jy glo wanneer Ek sê vertrou My

Vrese is nie van My nie
Hulle wil jou dood-hê
Hulle lê jou lam
Jou bene bewe liewe kind

Vertrou My eerder
Gee jou vrese en bekommernisse
Gee hulle aan My
Ek weet wat om daarmee te maak sê Hy

Dieptes van die see
Hier kom iets van My
Die gewonder van My kind
Wat gekies het om te bly glo in My.

Ek bid dat hierdie woorde jou sal bemoedig om altyd aan te hou glo, God is vir jou en alles, alles gaan okay wees. Daar is ‘n versie in die Bybel wat my hart altyd baie hoop gee. Romeine 8 vers 28. Maak nie saak wat ons in hierdie lewe stormloop nie, saam met ons God kan ons altyd weet, dit het die potensiaal om te draai vir goed. En daar dink ek sopas aan nog ‘n versie. Psalm 18 vers 30 sê “Want met U loop ek ‘n bende storm, en met my God spring ek oor ‘n muur”. Wow. Jesaja 26:3 belowe ook “U sal ‘n standvastige gesindheid in volle vrede bewaar, want hulle vertrou op U”. Mag hierdie beloftes jou hart streel. God is in beheer. Dit help nie ons stress vooruit, dit sal nie een el by ons lengte voeg. Dankie Mattheus 6 vers 27! Kom ons vat dit vandag en ja selfs al moet ons dit partykeer so 100 keer vir onsself sê – soms is dit rerig nodig 😉 – totdat ons harte vertrou. Seën vir jou kind van God! xxx

(Versies: 1933/53 Vertaling, NLV sê dit net so mooi!)