Wonderwerke in ons daaglikse lewe

0
121
Kaapse kobra

Vandag se koerant vertel van twee verskillende mense wat getuig van wonderwerke wat hulle oor die Kerstyd beleef het. Beide Ané Meyer (17) en Peter Bramley (59) is in twee afsonderlike voorvalle in die week voor Kersfees deur Kaapse kobras (oftewel geelslange) gebyt.

Vandag se koerant vertel van twee verskillende mense wat getuig van wonderwerke wat hulle oor die Kerstyd beleef het. Beide Ané Meyer (17) en Peter Bramley (59) is in twee afsonderlike voorvalle in die week voor Kersfees deur Kaapse kobras (oftewel geelslange) gebyt.

Beide was ernstig siek, en beide het wonderbaarlik herstel. Peter sê in vandag se koerant “Dit is mense se gebede wat jou deurhaal.” Sy vrou Lexie sê: “ʼn Hoër Hand het ingegryp. Dit was ʼn wonderwerk.” Ané se ma Marita sê: “Baie mense het vir my kind gebid … Dit is ʼn wonderwerk (dat sy leef) en dit is ʼn genade van bo.”

Dit is lekker om sulke verhale in sekulêre koerante te lees. Dit is lekker om te sien hoe mense God se ingryping in hulle daaglikse lewe beleef. Godsdiens en geloof is nie iets wat net tot Sondae behoort nie. God behoort elke oomblik van ons lewe vir ons ʼn werklikheid te wees, ook nie net as slange ons byt of wanneer iets uitsonderliks gebeur nie.  God wil elke oomblik deel van ons lewe wees – ons is mos juis in die Kerstyd weer herinner daaraan dat Jesus se ander Naam “Immanuel” is, wat beteken “God met ons.”

lyn_3.png

Hennie Stander is ’n prof in Grieks, maar wanneer hy preek en skryf, gebruik hy maklike Afrikaans. As predikant ken hy die vrae wat gelowiges kwel. As teoloog weet hy waar om na die antwoorde te gaan soek. Na die Here is sy vrou, kinders en kleinkinders sy grootste liefdes. En oor dit alles skryf hy al jare in boeke en sy baie bekende blog (www.henniestander.co.za).

Dit lyk deesdae of niemand meer glo nie. En diegene wat wel leef vanuit ’n verhouding met hulle Skepper, raak skaam om dit te sê. Nie Hennie nie! In Hoekom ek nog glo vertel hy uit sy eie lewe van die werklikheid wat die Here vir hom is. Hy getuig van groot en klein wonderwerke, maar veral van sy Verlosser. Bestel hierdie boek in sekondes by voelgoedwinkel.co.za en lees dit in een dag deur … Dit sal jou geloof  lewenslank versterk.

 

 

DEEL
Vorige artikelLiefde moet gesien, gevoel en gehoor word
Volgende artikelDrie groot geeste sterf
Hennie Stander
Hennie Stander is ’n prof in Grieks, maar wanneer hy preek en skryf, gebruik hy maklike Afrikaans. As predikant ken hy die vrae wat gelowiges kwel. As teoloog weet hy waar om na die antwoorde te gaan soek. Na die Here is sy vrou, kinders en kleinkinders sy grootste liefdes. En oor dit alles skryf hy al jare in boeke en sy baie bekende blog.