Word een van Joost se helde

0
36
joost_van_der_westhuizen.jpg

ʼn Paar jaar gelede, het hy elke Suid-Afrikaner trots gemaak in die geel en goud. En van die rugbyveld af, was hy die fikse pa wat saam met sy kinders bal geskop het …

Die lewe het vir Joost van der Westhuizen ’n vreemde kaart gedeel. Eers was dit net ’n vinger wat nie wou saamwerk nie. Maar daardie lamheid het teen sy arm opgekruip. Later het sy voete begin sleep, en toe sy tong. Dit is motorneuronsiekte. ’n Doodsvonnis.

Hy gaan nie daar wees om sy dogtertjie te troos wanneer haar hart die eerste keer breek nie. Sy seun sal ook sonder sy pa se hulp matriekeksamen moet skryf. Alles wat Joost vir sy kinders gedroom het, gaan moontlik nog waar word. Hy gaan net nie daar wees om dit te sien nie. Om ’n traan af te droog, ’n drukkie te gee of hande te klap nie …

Julle sal my altyd onthou …

Daarom het hy besluit om ’n boek te skryf waarin hy 99 lewenslesse met hulle deel. Sommige is gewone goed – wat enige pa vir sy kinders sal sê. Ander is dieper ding, lesse wat net groot pyn jou kan leer. Op die manier wil Joost so lank as moontlik vir sy kinders lewendig bly. Want wie weet hoe lank hy nog hier gaan wees …

joost_van_der_westhuizen_boek.jpgDaar is altyd hoop!

Hierdie Springbok rugbyspeler se lyf het geknak, maar sy vegters gees is nog sterk. Dalk. Miskien … Nou kan jy bydra tot hierdie hoop. Vir elke boek wat verkoop, word R10 geskenk om tot Joost se mediese kostes by te dra.

Gaan bestel vandag nog jou kopie van 99 dinge wat ek wil hê my kinders moet weet (79,95) op voelgoedwinkel.co.za. Die boek sal jou lewe verander, en dalk Joost en sy kinders sʼn ook.