Word wakker uit jou slaap

is jy gereed

Of dit jou nou pas of nie pas nie. Reg of nie. Realiteit is: Die Here kom. Die vraag is: Is jy gereed vir Jesus Christus se koms? Waag dit om jouself en God te antwoord.

Wees bewus daarvan dat hierdie onomwonde die laaste dae is waarin ons tans leef. Hou jouself in ’n posisie van gereedheid. Bly verbind aan Jesus Christus, dan sál jy gereed wees en nie onkant betrap word nie.

Matteus 24:44. ‘Daarom moet julle ook gereed wees, want Die Seun van die mens kom op ’n uur wat jy dit nie verwag nie.’

Iets wat almal van ons moet leer dóén in hierdie lewe, gouer as later, is dit: Stap weg van die warrelwind van emosies, gedagtes en aktiwiteite wat jou verteer het.

Met ’n sug van verligting ontdek jy anderkant dit: Al die angs was toe verlore tyd! Stel jou prioriteite reg en orden dit. Gaan sit en fokus op geestelike bestaan.

Gee aandag aan die interne werk wat nog binne jou moet plaasvind voordat jy volkome in lyn kan kom met God se wil en doel vir jou lewe.

Stel jou hart om God, Jesus en Heilige Gees persoonlik te ken, eerder as om bloot te weet van. Doen dit met die wete, NOU is die tyd om wakker te word uit jou slaap uit, want NOU is ons redding nader as ooit tevore. Ja, selfs nader as toe ons die eerste keer geglo het.

Romeine 13:11. ‘En dit alles is nodig omdat julle weet hoe laat dit al is. Die uur is reeds daar dat julle uit die slaap wakker word, want die tyd van ons finale verlossing is nou nader as toe ons tot die geloof gekom het.’

Vorige artikelDit was my trane werd, sê Getroud met Rugby se Bibi
Volgende artikelPLATVAL … OF HOOG VLIEG?
Blogger - Tania Delport
Tania Delport is terselfdertyd onkonvensioneel, passievol, vreesloos, kreatief, teen die grond neergegooi maar nie vernietig nie, vol blydskap en humor, Woord deurdrenk en geesvervuld, ‘n onvergeetlike persoonlikheid. Tania Delport se skryftalent is ‘n passie en natuurlike gawe van God maar ook stil-stil geïnspireer deur die welbekende skrywer Hennie Aucamp wat 20 Maart 2014 oorlede is. Sy het in die Stormberg hoogland in die Oos-Kaap grootgeword op die buurplaas vanwaar hy grootgeword het. Haar oom aan haar pa se kant was getroud met die suster van Hennie Aucamp, dus was hy deel van haar familie binnekring. Tania Delport is in haar finale seisoen van liefde en lewe. Haar prioriteit is haar man Pieter. Sy is toegewyd en gaan haar gawes met veral vroue deel. Tania Delport se G-I-L in die nag het L-I-G in die dag geword want God is Liefde. Haar lewe het vlerke gekry. Dis tyd vir joune!