Wortelkoek

0
242
wortelkoek.jpg

Wortelkoek bly darem ’n gunsteling wanneer dit by soetgoed kom. Dis maklik met Argilla se koekring!

Genoeg vir 10-12 persone
Tyd: 1 uur

BESTANDDELE
250 ml suiker
250 ml olie
3 eiers
375 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
10 ml kaneel
5 ml koeksoda
knippie sout
3 ryp piesangs, fyngedruk
1 groot wortel, gerasper
hand vol gemengde neute, effens fyngemaak

Versiersel
110 ml margarien
375 ml versiersuiker
100 ml gladde maaskaas
5 ml vanieljegeursel

METODE
1. Klop die suiker, olie en eiers saam tot romerig.
2. Sif die droë bestanddele saam en voeg by die eiermengsel. Klop liggies en voeg die piesang, wortel en neute by. Meng deeglik en giet in ’n gesmeerde, uitgevoerde koekringpan.
3. Bak by 180°C vir 45 minute. Laat afkoel en verwyder uit die koekringpan.
4. Klop al die bestanddele vir die versiersel saam en giet oor die wortelkoek. Versier met neute.