WOUTER SNYMAN WEBINAAR

Wouter snyman webinaar

Werk slimmer met jou geld!

Dis tyd om anders oor jou finansies te dink as jy vir die einde van elke maand leef, wonder hoe jy eendag met gemak sal kan aftree, jou ouers of die regering vir jou finansiële situasie blameer én twyfel of jy ooit skuldvry sal wees.

Aangebied deur Finesse Voelgoed Tydskrif
MENTORKLAS

WOUTER SNYMAN se WEBINAAR [Aanlyn werkswinkel]
Werk slimmer met jou geld!
help jou om jou geldsake in die regte koers te stuur. Waar is jy, waar wil jy wees, en hoe kom jy daar? As jy jou finansiële situasie wil verbeter, sal jy ‘n paar dinge anders moet doen. Spandeer minder as wat jy verdien; verdien meer inkomste; bestuur jou geld (nie andersom nie) en skep jou eie welvaart.

Gratis werksboek ingesluit!

WOENSDAG, 13 MEI OM 19:00 (tot 21:00)
Slegs R69 (per gesin)

KOOP JOU KAARTJIE!

Alhoewel dit ’n aanlyn werkswinkel is, is daar ’n beperkte aantal kaartjies beskikbaar.
Koop NOU om teleurstelling te voorkom!
Kaartjies kan net gekoop word tot Woensdag, 13 Mei om 13:00.

WEBINAAR-
kaartjie

R69

per gesin

Geldig tot Woensdag, 13 Mei om 13:00

Groeps-
bespreking

2

of méér

Geldig tot Woensdag, 13 Mei om 13:00

WOUTER SNYMAN

het meer as 25 jaar ondervinding in die finansiëledienstebedryf en is die uitvoerende hoof van die attooh!-besigheidsgroep. Wouter het ‘n Bcomm-honneursgraad in versekeringsbestuur, verskeie ander toepaslike kwalifikasies en het onlangs ‘n toekenning ontvang as een van Afrika se invloedrykste sakeleiers. Hy is ook Finesse Voelgoed Tydskrif se geldmentor, lewer gereeld praatjies oor die radio en TV, en help graag mense om finansieel onafhanklik te wees en ‘n lewe van oorvloed te skep. Sy boeke, Would driving a Porsche change your life en The ordinary millionaire, is Amazon-topverkopers. Carpe Diem Media is die uitgewer van sy nuutste boek Slim met jou geld?, kliek op voelgoedboeke.co.za/winkel/slim-met-jou-geld-epub/ om dit aanlyn te koop.

Oorsig van inhoud
WERK SLIMMER MET JOU GELD!

EEN – Waar is ek, waar wil ek wees, en hoe kom ek daar?
TWEE – Spandeer minder
DRIE – Hoe kan ek meer verdien?
VIER – Bestuur jou geld (nie andersom nie).
VYF – Beheer jou toekoms: lang termyn en kort termyn.
SES – Beplan en spaar: beleggings en aftrede.
SEWE – Skep jou eie welvaart, jou gewaarborgde plan tot sukses
AGT – Die toekoms van jou rykdom, in jou hande…