Yolanda Pelzer

0
29
yolanda.jpg

Ek het geleer … … Ek kan sexy lyk

OUDERDOM 36

EETPLAN Weigh-Less

LENGTE 1.6 m

GEWIG 67.9 kg (was 88.7 kg)

VETPERSENTASIE 30.3% (was 40.4%)

Sy is deur ons borge as algehele wenner gekies en wen ’n vakansie vir twee in ’n luukse villa in Zanzibar! Ek wou al so lank iets aan my voorkoms doen, maar in my geestesoog kon ek al die los velle, rekmerke en selluliet sien. Sou ek ooit beter lyk as ek gewig verloor? Want selfs al sou ek maer wees, sou ek steeds my lyf moes wegsteek, of so het ek gedink. Min het ek geweet dat draf my hele liggaam sou kon verander. Ek en my man draf daagliks, en ons droom daarvan om eendag die Comrades te hardloop. Die beste van alles is dat ek baie gewig verloor het in ’n kort tydperk, en nie ’n enkele los vel het nie. Ek is seker daarvan dat die baie oefening iets daarmee te doen het. Op skool het mense altyd gesê ek het mooi bene, en nou kry ek dieselfde kompliment! Dis wonderlik om ’n kortbroek te kan dra sonder om selfbewus te voel oor selluliet of rekmerke. Op skool het kinders my ook pizza face genoem. Ek het altyd ’n baie lelike vel gehad. Selfs op universiteit, toe ek my man ontmoet, kon ek nie glo hy stel belang in my met so vel nie. Vir die eerste keer in my lewe kry ek nou komplimente oor my vel, en dis alles te danke aan Almay. ’n Vriendin het die ander dag gesê my vel lyk deesdae mooi. Ek het amper in trane uitgebars.  

Die sielkundige sê

‘n jaar na haar laaste baba, met drie voorskoolse kinders en wankelende finansies, wou sy nie meer lewe nie. Yolanda het skuldig gevoel omdat sy nie bydra tot die inkomste nie en het geglo sy is vet, lelik en ’n nikswerd. Vandag is sy ’n snoepiebestuurder by ’n spogskool en selfs tussen al die heerlike lekkernye en etes, bly sy steeds ’n sexy mamma. Sy besef dat alles kan verander as jy jou kant bring en die Here vertrou.  

My swakplek was … Soetpatats

As ek nou dink aan hoeveel suiker ek by ons kos gevoeg het, kry ek baie skaam. Patats wat soos poeding proe, kan mos nie gesond wees nie! Deesdae kook ek met baie min suiker en botter en my kos smaak steeds heerlik! Weigh-Less het fantastiese, gesonde resepte beskikbaar.