You can take your life back [WEBINAAR]

Tema - YOU CAN TAKE YOUR LIFE BACK!

Hierdie is ongekende tye, het ons almal die afgelope tyd al gehoor! Dis verstaanbaar dat ’n magdom emosies, vrese, angs en frustrasie ’n mens maklik moeg, sonder motivering en wanhopig kan laat voel. Maar jy mag nie toelaat dat jou gevoelens die oorhand kry nie.

Gratis Webinaar

Woensdag 1 Desember | 19:00 – 20:00
Indien jy nie op die spesifieke tyd kan inskakel nie, sal jy ’n skakel ontvang om dit binne ’n week te kyk.

Die FUNKSIE NAAM
word geborg deur
BORG(E) NAAM

Méér oor die webinaar

Radio-aanbieder, motiveringspreker en lewensafrigter, Lucia Dramat se gratis You can take your life back-webinaar sal jou help, om ontslae te raak van negatiewe gedagtes, en ’n positiewe ingesteldheid te kweek wat jou help om jou lewe terug te neem. Neem beheer! Negatiewe gedagtes kan ’n
verslawing raak. Verban al daardie onnodige drama wat jou tyd en vreugde steel en jou terughou. Jy hoef nie net te bestaan nie, jy kan beheer neem en weer lééf! Niks stop jou nie! As jy gefokus en positief is, sal jy geleenthede en oplossings makliker kan raaksien. Met beheer oor jou emosies sal die
klein dingetjies jou nie meer onderkry nie en sal jy vry, gelukkig en onkeerbaar wees. Sterker as ooit! Kry helderheid en ’n vars perspektief
op jou eie lewe, die lewe in die algemeen en dit wat régtig belangrik is. Dit sal jou aanmoedig en motiveer om jou drome te laat waar word!

Miskien het jy daarvan gedroom om ryk te wees, maar niks daaraan gedoen nie. Die tyd het aangestap en jou droom bly buite jou bereik.
Onthou, elke stap wat jy neem, bring jou ’n treetjie nader aan jou sukses as ’n finansieel onafhanklike persoon. Finansiële onafhanklikheid beteken jy is nie afhanklik van jou werk, die ekonomie, jou familie of ’n toelaag van die staat nie.

Jy wil tog graag self besluit waar jy woon, wat jy met jou tyd doen en watter soort leefstyl jy wil hê. Dan moet jy genoeg geld hê om hierdie keuses te kan maak en steeds gemaklik te kan leef.

As jou huis ’n miljoen rand werd is, is jy ’n miljoenêr, maar het dalk steeds nie genoeg leefgeld nie.

Daar is geen rede waarom jy nie ook ’n miljoenêr kan wees nie, selfs al begin jy met niks of is jy kniediep in die skuld.

Met behulp van navorsing en moderne tegnologie het Dr. Kobus Neethling assesseringsinstrumente ontwerp wat ’n profiel van breinvoorkeure verskaf.
Hierdie breinprofiele verklap hoekom mense verskil in die manier waarop hulle studeer, kinders dissiplineer en in verhoudings kommunikeer.

“Dit verklap ook hoe ons geld hanteer”, sê Kobus, ook een van die samestellers van die program, RICH BRAIN, POOR BRAIN.

Daar is nie ’n ideale profiel nie. Die ideale manier van dink is egter heelbreindenke. Dit beteken jy ontwikkel die vaardighede om in al vier kwadrante van die brein te funksioneer om ’n beter ouer, bestuurder, onderwyser, huweliksmaat en … geldbestuurder te wees!

Om meer geld te bekom, moet jy verander hoe jy oor geld dink. Die maklikste manier om uit te vind wat jou siening is, is om te besin hoe jou ouers oor geld gedink het. ’n Ingesteldheid van gebrek of oorvloed word van geslag tot geslag oorgedra.

Dit maak nie saak hoeveel in jou bankrekening is nie; wat saak maak is hoe jy oor daardie geld dink.

Waarom het jy nog nie wat jy begeer nie?

“Dit is krities belangrik om uit te vind wat verhoed dat jy kry wat jy graag wil hê. Sodra jy dit weet, kan jy die belangrike veranderinge maak om te leef soos wat jy sê jy graag wil leef,” sê Dr. Raché Rutherford.

Hoe gaan jy dit regkry? Wat is jou strategie? Watter metodes gaan jy gebruik? Jy het ’n nuwe manier nodig om jou te bring van waar jy nou is tot waar jy wil wees.

Ons gewoontes is vasgelê en sonder ’n nuwe plan, sal jy aanhou om te doen wat jy nog altyd gedoen het. Wat natuurlik sal beteken dat jy die resultate sal kry wat jy nog altyd gekry het!

Sonder ’n plan is daar nie sukses nie.

Die goeie nuus is dat jou strategie nie perfek hoef te wees nie. Dis slegs die beginpunt van ’n nuwe rigting wat jy inslaan.

Begin verstaan hoekom jy geld op ’n sekere manier hanteer. En hoekom jy in die verlede gesukkel het om jou geld te bestuur.

Elke mens se definisie van finansiële vryheid is anders, maar die groter doel moet wees om finansiële sekuriteit te verkry.

Elke mens wil meer geld hê, dit geniet en ’n geesvervulde lewe van oorvloed ervaar. Die regte gereedskap is nodig vir ’n ingesteldheid van welvaart.

Jy het ’n plan nodig om jou strategie uit te voer. “Mense met doelwitte is suksesvol, want hulle het ’n plan, dis so eenvoudig soos dit,” sê finansiële kenner Wouter Snyman.

Vind uit wat die beginpunt (persoonlike begroting) en die einddoel (doelwitte, aftreeplan, of datum van geldelike onafhanklikheid) is. Laastens, besluit hoe jy die reis gaan aanpak (jou bestuur van skuld en welvaartplan).

Dit is nooit te laat om hierdie reis te begin nie; maar vandag is steeds beter as môre!

Aanbieder

Kry die program!

Rich Brain, Poor Brain

R149

R199

Kry onbeperkte toegang tot die Rich Brain, Poor Brain-program vir 100 dae se eksklusiewe inhoud. Ingesluit is video’s en oudio’s, die NBI™ breinprofiel-toets oor hoe jy dink oor geld, ’n stap-vir-stap finansiële plan, asook ’n 30 dae-dagboek om van slegte geldgewoontes ontslae te raak en hóé om goeie geldgewoontes te bou.

NAVRAE

Stuur ‘n epos na [email protected]
of bel 016 018 0243 (Kantoorure)
V&A