Zelri Steyn: “Só wen ek sy hart”

0
45
gerhard_steyn.jpg

Gerhard Steyn se vrou weet presies hoe om die romanse tussen haar en haar sanger-man aan die brand te hou.

“Dis die klein dingetjies in die lewe wat tel,” sê Zelri, en deel vyf van haar geheime:

1.Kerslig en lekker kos

Wanneer Gerhard laataand van die ateljee of stel af kom, verras ek hom graag met kerslig en sy gunsteling gereg, Thai-kerriehoender.

2. Mooi woorde en masserings

Gerhard is baie hardwerkend en gefokus. In die oggend voor hy werk toe gaan, pak ek ’n gesonde kospakkie in met ’n briefie daarby, sodat hy weet hoe trots ek op hom is. Wanneer hy tuiskom, masseer ek sy skouers en nek.

3. Sjokolade is altyd ’n wenner

Party oggende, wanneer ek vroeg moet uit, los ek ’n brief en sjokolade op sy kopkussing.

4. Alleen-tyd by die huis

Omdat ons min by die huis is en nie regtig kan gaan fliek nie, sal ek party aande vir ons springmielies skiet, ’n glasie wyn ingooi en ’n fliek op ‘Box office’ huur. Dan kyk ons saam na een van sy gunsteling aksieflieks. Die idee is om saam met hom te ontspan en die rukkie se alleentyd te geniet.

5. Wie kan nee sê vir verrassings?

Wanneer daar tyd is, hou ek daarvan om met spesiale geleenthede iets verrassends te doen. Soos wanneer hy verjaar, sal ek byvoorbeeld die getal jare van sy ouderdom gebruik om oral in die huis ballonne te hang met redes hoekom ek hom liefhet. Ek het ook al vir ’n limousine gereël om ons na ’n romantiese ete-afspraak te vervoer. Ons ek pak ons tasse en bespreek ’n paar dae alleen vir ’n kort vakansie.