Zille lap glo vertroulike inligting uit

0
95
helen zille

President Zuma beskuldig nou vir die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, dat sy vertroulike inligting wat hy gegee het, uitgeblaker het. Zille ontken dit en vra dat Zuma vir haar moet uitwys waar sy dit gedoen het.

President Zuma beskuldig nou vir die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, dat sy vertroulike inligting wat hy gegee het, uitgeblaker het. Zille ontken dit en vra dat Zuma vir haar moet uitwys waar sy dit gedoen het.

Wie nou ook al reg of verkeerd is, dit is uiters belangrik dat ʼn mens nooit ooit vertroulike inligting sal uitlap nie. Dit skend vertroue wat baie moeilik herstel kan word. Dit is seker een van die duurste lesse wat ek in die lewe geleer het, en dit is om nie vertroulike inligting met ander mense te deel nie.

Die Bybel is vol van goeie lewenswaarheid. So, byvoorbeeld sê Spreuke  11:13 “Iemand wat loop en skinder, lap geheime uit. ’n Betroubare mens bewaar ’n geheim!”

lyn_3.png

Hennie Stander is ’n prof in Grieks, maar wanneer hy preek en skryf, gebruik hy maklike Afrikaans. As predikant ken hy die vrae wat gelowiges kwel. As teoloog weet hy waar om na die antwoorde te gaan soek. Na die Here is sy vrou, kinders en kleinkinders sy grootste liefdes. En oor dit alles skryf hy al jare in boeke en sy baie bekende blog (www.henniestander.co.za).

Dit lyk deesdae of niemand meer glo nie. En diegene wat wel leef vanuit ’n verhouding met hulle Skepper, raak skaam om dit te sê. Nie Hennie nie! In Hoekom ek nog glo vertel hy uit sy eie lewe van die werklikheid wat die Here vir hom is. Hy getuig van groot en klein wonderwerke, maar veral van sy Verlosser. Bestel hierdie boek in sekondes by voelgoedwinkel.co.za en lees dit in een dag deur … Dit sal jou geloof  lewenslank versterk.

 

 

 

DEEL
Vorige artikelMans dink anders… ook oor pyn
Volgende artikelWeek 2 – Saterdag
Hennie Stander
Hennie Stander is ’n prof in Grieks, maar wanneer hy preek en skryf, gebruik hy maklike Afrikaans. As predikant ken hy die vrae wat gelowiges kwel. As teoloog weet hy waar om na die antwoorde te gaan soek. Na die Here is sy vrou, kinders en kleinkinders sy grootste liefdes. En oor dit alles skryf hy al jare in boeke en sy baie bekende blog.