Zuma bedank!

0
290
Zuma

Zuma het uiteindelik bedank. Die woorde in sy toespraak gister wat my egter bybly, is “ek het dan niks verkeerd gedoen nie.”

Hoekom is dit so moeilik om self-insig te hê? Eintlik sukkel elkeen van ons daarmee. Jesus het mos in Lukas 18:9-14 daardie mooi gelykenis vertel van die fariseër wat ook so beïndruk was met homself. Hy het mos selfvoldaan gebid dat hy nog nooit gesteel het nie, ook nie mense bedrieg het nie, ook nie ontrou in die huwelik was nie, en hy het trots verklaar dat hy ook nie so sleg soos die tollenaar was nie.

Wanneer ek na hierdie verhaal kyk, en myself afvra wie ek in die verhaal is, dan sal ek dadelik met dankbaarheid verklaar dat ek gelukkig nie die fariseër is nie, maar dat ek wel die tollenaar in die verhaal is wat uitroep: “O God, wees my sondaar genadig!”. Maar juis hierin word ek die fariseër want ook hy was so dankbaar dat hy nie die ander persoon in die verhaal is nie, en ek is ook dankbaar dat ek nie die ander persoon in die verhaal is nie, en so is ons almal op die einde wel die fariseër in die verhaal.....  tot ons regtig die selfinsig verkry dat ons God se genade nodig het!

DEEL
Vorige artikelLiefde in aksie 24/7/365!
Volgende artikelReis saam na Italië in 2018
Hennie Stander
Hennie Stander is ’n prof in Grieks, maar wanneer hy preek en skryf, gebruik hy maklike Afrikaans. As predikant ken hy die vrae wat gelowiges kwel. As teoloog weet hy waar om na die antwoorde te gaan soek. Na die Here is sy vrou, kinders en kleinkinders sy grootste liefdes. En oor dit alles skryf hy al jare in boeke en sy baie bekende blog.